Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Agter die spoggerige Groen-en-goud

Die hemp op die tafel van die klerefabriek in Soutrivier, Kaapstad, is bestem vir Japan en lyk amper onmoontlik groot: Die kraag se omtrek is 54 cm.

Joan Jansen en Elize Wlliams, lynbestuurders by House of Monatics wys die bestuurslede se baadjie en hemde. Foto: Edrea du Toit

Want het julle al gesien hoe lyk Matthew Proudfoot se nek?

Die formele drag van dié assistentafrigter van die Springbokke en die res van die span is feitlik klaar by House of Monatic voordat hulle volgende maand vir die Wêreldbeker na Japan vertrek.

Langs Proudfoot se 54 cm is ook die tenk van ’n vaskopstut Trevor Nyakane se 52 cm netjies gestapel.

“Hier is die kleinste hempie. Ag Moeder. Cheslin Kolbe se thirty eight,” kraai Elize Williams, ’n lynbestuurder, terwyl sy Rapport met merkbare trots in haar stem wys hoe die klerefabriek lyk wat die toekomstige wêreldkampioene klee. Hier op die besige Soutrivierse hoofweg het meer as 120 paar vlytige hande en geoliede masjiene wit hemde, grys broeke, dasse en formele baadjies vir die Bokke gemaak.

Elke stel is pasgemaak vir elke rugbyspeler en elke lid van die afrigtingspan en administratiewe personeel wat in September die vliegtuig na rugby se grootste toernooi gaan haal.

Die klere is die afgelope Donderdag op ’n amptelike geleentheid van die Suider-Afrikaanse klere- en tekstielwerkersunie, House of Monatic, Proudly SA en die Suid-Afrikaanse Rugbyraad in die Southern Sun-hotel in Pretoria oorhandig.

Hier is die kleinste hempie. Ag Moeder. Cheslin Kolbe se thirty eight.

Ons wag op Williams se kollega, Joan Jansen, ook ’n lynbestuurder hier. Williams sê sy werk al 25 jaar hier. “Ek het deur die ranks gekom: skoonmaker, toe masjinis geword, toe klere­bestuur studeer. En hier is ek!”

Op ’n tafel lê ’n lys met die name van elke lid van die Bokgroep, met elkeen se mates netjies neergeskryf.

“Kom, die dasse word op die tweede verdieping gemaak,” sê Wil­liams. Sy borduur voort: “Ons het 67 werkers wat net die broeke maak. Altogether 300 en 250 baadjies per dag.

“Is Siya Kolisi se hemp al hier, meisies?” vra sy eenkant toe. “ ’n Forty six. Sy initials is op die mou: double S. K. In gold em­broidered.” Sy streel met ontsag en trots oor die goue letters.

“Hierdie noem ons pick stitch­ingdit lyk amper asof jy die steke met die hand gedoen het, maar dis deur ’n masjien gedoen. Hoe sê mens? Personalised.

“Die hemp neem jou ’n bietjie oor ’n uur. Hang af van die styl. Dit vat bietjie tyd. Daar is ’n time study gedoen.

“Aan die einde van die dag het 63 mense aan ’n hemp gewerk. Dit neem so oor sixty minutes om ’n hemp te lewer. Sê maar so lank soos ’n rugby game. Gesny, hier 5 mm, daar ’n 5 mm by, ’n collar, examine, main assembly, gestik, borduurwerk. 350 hemde per dag.

“Hulle is baie oor kwaliteit hier. So elke hemp gaan deur sy smeltkroes – vir kwaliteit. Ons maak ook die day-to-day-hemde vir die span.”

Ons stap verder. “Waar is Jansen?”

“Ek manage ook gedrag en persoonlikhede,” lag Williams.

Jansen hou toesig oor die maak van die baadjies. Sy sê spelers sal soms in groepe inkom en mates laat neem.

“Die fabriek het al die vorige wêreldbekers se klere gedoen. Ninety-five s’n, de lot. En spiekeries!” sê sy.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook onlangs hier sy pak klere kom haal.

“Die president het net so ietsie wakker gemaak toe hy sy suit hier laat maak het.”

Jansen wys ’n gemonteerde foto van Chester Williams wat sy troupak hier laat maak het. “Die soccer en netball moet ook hul klere hier laat maak eintlik,” sê sy, half met ’n streng blik.

“Siya Kolisi is ’n ambassador van ons. Ja.”

“Baie bekende mense kom laat maak hul klere hier.

“Ek het ’n goeie gevoel vir die wêreldbeker. Elkeen het ’n baadjie, die een wat die kleedkamer regsit, selfs die bus driver.

“My laaste baadjie was vir onse klein klong. ’n Emergency. Hy’t mos skielik ingekom vir die All Blacks. Herschel. Jantjies.

“Die baadjie binne is baie interessant. Ons maak die corners met goud, box en stitch. Daai goud, dit is wat hulle vir ons gaan terugbring.”

Confidentiality!” roep Jansen skielik. “Daardie lys name moet nie rondlê nie. Ek kan nie eens vir my kinders by die huis wys nie.”

Dan Williams: “So ja, ons is baie proud, dat ons iets vir ons country doen.” In haar breë glimlag blink ’n goue kroon. “As ons TV gaan kyk, dan sien ons ons werk.

“Almal in die factory is op ’n hype, álmal is proud.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.