Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Akademie betreur Tom Gouws se dood

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns betreur die dood van dr. Tom Gouws, “vooraanstaande letterkundige” wat Woensdag in sy huis op ’n landgoed oos van Pretoria vermoor is.

’n Groep gewapende mans het Gouws, sy vrou, Retha, en hul jongste kind, Josua, ingewag toe hulle omstreeks 20:00 na ’n dag in Pretoria tuis kom. Gouws wou sy vrou beskerm. Die rowers het hom egter oor die kop geslaan en van agter in die hart geskiet.

‘n Skildery wat Willem Pretorius in 2014 van die nou vermoorde Tom Gouws gemaak het.

Gouws was besig om ’n bydrae oor die digter Breyten Breytenbach vir ’n publikasie van die Akademie te skryf.

Die redakteur van die publikasie, dr. Francis Galloway, het gesê dat hy onderneem het om die bydrae “binne dae” te lewer.

Retha het vroeër gesê “dit is jammer dat hy dit nie kon klaar maak nie”.

Die misdadigers is weg met ’n skootrekenaar waarop die bydrae waarskynlik geberg is, sowel as selfone en ’n handsak.

Gouws was ’n student aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), tans die Noordwes-Universiteit, waar hy later ook sy eerste akademiese pos in die departement Afrikaans en Nederlands beklee het, sê prof. Jacques van der Elst, sy voormalige departementshoof, in ’n verklaring deur die Akademie.

Hy was later ook aan die Universiteit van Pretoria en die destydse Universiteit van Bophuthatswana in Mahikeng verbonde.

“Sy oorlye is ’n groot slag vir sy gesin, maar ook die literêre wêreld verloor ’n sleutelfiguur,” sê Van der Elst namens die Akademie.

Die huis op die landgoed waar Tom Gouws vermoor is.Foto: Ischke de Jager

Gouws het nie net naam gemaak as akademikus nie, maar ook as skeppende kunstenaar.

Hy het as digter met die bundel Diaspora gedebuteer. Nog digbundels het gevolg, asook ’n drama. Gouws was ’n meningsvormer in literêre kringe en is benewens digter en dramaturg ook die skrywer van talle akademiese artikels en resensies in wetenskaplike tydskrifte en in koerante, volgens Van der Elst.

Die verklaring lui dat Gouws ’n hoofrol gespeel het in die ontdekking van jeugdige literêre talent met sy beoordeling van die Akademie se jaarlikse Poortkompetisie vir skoliere en studente.

Meer oor:  Tom Gouws  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.