Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Akademie-pryse: Al die wenners
Wilhelm Jordaan
Fred Mouton teken al sedert 1969 spotprente vir Die Burger, en sedert 1975 vir 'Landbouweekblad'. Foto: Bun Booyens

Die Kaapse spotprentkunstenaar Fred Mouton en prof. Wilhelm Jordaan van die Universiteit van Pretoria (UP) is van die wenners wat Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir hul werk in die kunste en wetenskap bekroon is.

Mouton, wat reeds meer as 10 000 spotprente vir Die Burger geteken en ook illustrasies vir onder meer Landbouweekblad, Weg! en Huisgenoot gemaak het, is met die Markus Viljoen-medalje vir sy langdurige hoogstaande werk in Afrikaanse joernalistiek beloon.

Jordaan, ’n buitengewone professor in die departement van sielkunde by UP en gereelde rubriekskrywer vir Media24, is met die Stalsprys vir sielkunde vereer vir sy aandeel daarin om die ingewikkelde veld van sielkunde vir Jan Alleman toeganklik te maak deur sy uitstekende bydraes in die Afrikaanse media.

Ander wat deur die akademie vereer is, is:

• Hertzogprys vir drama: Nicola Hanekom vir In glas;

• Eugène Marais-prys: Jolyn Phillips vir Bientang;

• Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur: Fanie Viljoen (skrywer) en Tumi Steyn (illustrasies) vir Die dag toe die draak kom;

• Elsabe Steenberg-prys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans: Gunther Pakendorf vir sy vertaling van Die eindelose storie.

• MT Steyn-prys vir natuurwetenskaplike en tegnologiese prestasie: dr. Francois Malan van Pretoria;

• Havengaprys vir lewenswetenskappe: prof. Marion Meyer van UP vir sy navorsing in farmakologie en toksikologie;

• Havengaprys vir gesondheidswetenskappe: prof. Oppel Greeff;

• Stalsprys vir multi- en interdissiplinêre spanwerk: prof. Juanita Bornman van UP vir haar werk in aanvullende en alternatiewe kommunikasie;

• Stalsprys vir kunstewetenskappe: prof. Janine Allen-Spies van die Universiteit van die Vrystaat (UV);

• CJ Langenhovenprys vir taalwetenskap: prof. Wannie Carstens, emeritusprofessor by die skool vir tale van die Noordwes-Universiteit;

• Toon van den Heever-prys vir regswetenskap: prof. Johan Scott van UP;

• Huberte Rupert-prys vir klassieke musiek: Hennie Loock, dirigent van die Tygerberg Kinderkoor;

• Erepenning vir visuele kunste (skilderkuns): Johann Louw;

• Hugenote-vereniging en DF du Toit-Malherbe-prys vir genealogiese navorsing: Die prys word postuum toegeken vir die genealogiepublikasie “Barkhuizen-familieregister” deur wyle Johan Barkhuizen;

• Deleen Bekker-prys vir beste rolprentdraaiboek in Afrikaans: Christiaan Olwagen en Charl-Johan Lingenfelder vir Kanarie;

• Erepenning vir wetenskaplike vakbevordering: prof. Carolina Koornhof van UP;

• Besonderse erepenning van die SA Akademie: Rina Loader, woonagtig in Wene, Oostenryk, vir haar toegewydheid oor 23 jaar om Afrikaans in Europa bekend te stel en te bevorder;

• Besonderse erepenning van die SA Akademie: Marius Weyers vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent- en TV-kuns;

• Erepenning vir radiohoorbeelde in Afrikaans: Johan Rademan, bekende omroeper, vir sy hoorbeeld Breyten Breytenbach: ’n Ander skakering;

• Protea Boekhuis-prys vir die beste kultuurgeskiedenis-proefskrif in Afrikaans: Gedeel deur dr. Vicky Heunis vir “Anglo-Boereoorlogboerekrygsgevangenekuns, 1899-1902” en dr. Johan van Zyl vir “Bethulie 1896-1907, met spesifieke verwysing na die Anglo-Boereoorlog”;

• Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (plantkundige wetenskappe): Ruan van der Nest vir sy verhandeling, “Liming strategies for barley and canola production in no-tillage systems”. Die prys word gedeel met Wilku Meyer van UP vir sy verhandeling, “Phenotypic and genotypic variation of Puccinia helianthi in South Africa”;

• Douw Greeff-prys vir beste artikel in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie: N.J.M. Grobler, G.J. Puts en P.L. Crouse van UP en H. Bissett van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie vir hul artikel “Die effek van die skermgassamestelling in ’n induktiefgekoppelde plasma: ’n Eindige-elementanalise”; en

• Jacques van der Elst-prys vir beste artikel in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe: prof. Bert Olivier van UV vir sy artikel “ ‘Reaksionêre nihilisme’ in die huidige era”.

Die pryse sal tydens twee virtuele bekroningsplegtighede later vanjaar oorhandig word.

Kliek hier vir die volledige lys wenners.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.