Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Akteur Lieb Bester (72) sterf
Lieb Bester Foto: Nicolene Olckers

Die akteur Lieb Bester (72) is Woensdagoggend in Pretoria dood.

Hoewel hy vroeër Covid-19 gehad het, sê sy broer, ds. André Bester, het hy dit die afgelope twee weke nie meer gehad nie.

“Maar die effek van die virus was steeds daar en sy organe is beskadig. Hy is verlede Dinsdag weer ontslaan, en hy het goed by die huis aangesterk.”

Bester het by sy broer en skoonsuster gewoon.

“Maar Sondag het hy baie verswak,” sê André. “Ek het die internis gebel. Dit het geblyk dat daar chroniese nierversaking was. Hy is gedialiseer en sy kragte het verbeter, maar vanoggend is hy net weg. Die suster was nog ’n paar minute voor sy dood by hom, en toe sy weer by hom kom, was hy weg. Ek dink ’n mens kan sê hy is in sy slaap dood. Die matrone het gesê min mense sterf met soveel vrede.”

Meer inligting volg.

Meer oor:  Lieb Beste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.