Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Akteur se vervreemde vrou praat oor ‘monster’
Deon Coetzee en Tertia Moolman in gelukkiger dae. Foto: Facebook
Tertia Moolman was nog saam met Coetzee by die première. Foto: T. Breugem
Steve Hofmeyr en Janine by Treurgrond se première. Foto: Theana Breugem

Die akteur Deon Coetzee en sy vrou is al vyf maande lank vervreem, maar sy sê sy kan nie skei nie omdat hy “gereeld verdwyn” vir rehabilitasie en sielkundige hulp vir sy humeur.

Tertia Moolman sê ook ’n besope Coetzee het haar in Oktober ’n nag lank met ’n vuurwapen in ’n hotelkamer aangehou. Sy het hom kort daarna gelos. Al waarna sy nou smag, is om finaal van dié nagmerrie te vergeet, maar volgens haar is dit onmoontlik omdat “Deon se eie prokureur hom nie eens in die hande kan kry nie”.

Coetzee, bekend om sy rolle in Egolien 7de Laan, was al voorheen in die nuus oor sy verhoudings en huwelike wat sleg geëindig het.

“Mense besef nie eens ons is uitmekaar nie,” sê Moolman. “Almal wat ons ken, dink ons werk nog kliphard aan ons probleme.”

Luidens vroeëre berigte het sy ’n ultimatum aan Coetzee gestel: Kry hulp of dis verby.

“Die oomblik toe hy in rehab was, het ek my prokureur gebel. Ek kon nie meer nie.”

Coetzee het aan Huisgenoot erken hy het Moolman agtergelaat “met blou kolle” en hy moet sy “kop laat reboot”.

Moolman vertel van daardie nag in Oktober toe sy van Johannesburg na Port Elizabeth “moes vlug”. “Ek is weg uit Johannesburg met die klere aan my lyf,” sê sy. “Ek het gaan inboek by die Town Lodge naby die (O.R. Tambo-)lughawe. My vlug was baie vroeg die volgende oggend.”

Coetzee het by haar hotelkamer opgedaag. “Ek is daardie nag in die hotelkamer rondgepluk en verniel deur ’n baie erg besope Deon. Hy het die hele nag aanhou drink. Met ’n vuurwapen in sy hande is ek gemartel tot in die vroeë oggendure. Hy het kliphard geskree en hy het die plek geplunder. Mense het gekla en die bestuur moes gewapende reaksie inroep.”

Danie Gouws, Moolman se prokureur, bevestig daar is ’n klag van aanranding teen Coetzee ingedien.

Rapport is in besit van ’n selfoonopname waar Coetzee (by ’n vroeëre geleentheid) met ’n sleeptong vir Moolman ’n “f***en meid” noem en dreig om kookwater op haar te gooi. Op ’n tweede opname noem hy haar “ ’n f***en slet” en vra neerhalend of sy eerder wil “rondslaap met ander ouens”.

Vir haar was Coetzee se jaloesie die ergste. Sy vertel hoe sy by die première van die fliek Treurgrond verbied is om met Steve Hofmeyr te praat.

“Ek was bevriend met Steve in ons jong dae,” sê Moolman. “Deon het dit geweet. Ek moes Steve vermy, terwyl hy nog altyd teenoor my net ’n gentlemanwas. Ek is gedwing om ongeskik met hom te wees.”

Finansieel gaan dit nou sleg met albei.

Sy wil dit alles opsy skuif.

“Deon is ’n monster. Ek vertel nie hierdie dinge uit wraak nie. Deon se eksvrou, Estelle Coetzee, het my gewaarsku teen hom. Ek het gedink sy is maar net jaloers.

“Ek sal nie met my gewete kan saamleef as nog ’n vrou in dié monster se kloue instap en ek het stilgebly nie.”

Nóg Coetzee nóg sy prokureur het op Rapport se navrae gereageer.

jaco.nel@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.