Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Akteur val 40m ver na dood – veiligheid op die stel bekyk

’n Akteur het hom Donderdagaand tydens ’n repetisie vir ’n fliek doodgeval. Hy het sowat 40 m ver by ’n waterval in die Drakensberge afgeval.

Odwa Shweni (39), ’n IT-spesialis van Johannesburg wat goed op dreef was om homself as akteur te vestig, was saam met ’n verfilmingpan op ’n krans by die Sterkspruit-waterval naby Monk’s Cowl toe hy gegly en afgeval het.

Odwa Shweni

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, sê die akteur het omstreeks 17:15 van die krans af in die water geval. Die polisie se soek-en-reddingspan kon nie toe na hom gaan soek nie, want dit was te gevaarlik en donker.

Sy lyk is die volgende oggend uit die water gehaal. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen om vas te stel of iemand vir sy dood aanspreeklik gehou moet word.

Ali Rodolo, besturende direkteur van Kakanyo Business Solutions waar Shweni gewerk het, sê sy kollega het aan ’n “dubbele” loopbaan gewerk deur toneelspel te bemeester. “Hy was ’n baie veelsydige en belese man. Hy het die toneelbedryf as verdere verkenning aangepak.”

Shweni het al ’n paar werke in die toneelbedryf gekry, sê Rodolo, wat ook as woordvoerder vir Shweni se familie optree. Hy sê die familie wag steeds op inligting oor die voorval van die regisseur van die produksie.

Die Sterkspruit-waterval

Hy sê Odwa se vrou, Tebo, is te ontsteld om meer inligting te verskaf oor die fliekprojek en wat sy tot dusver kon uitvind.

Dit het op sosiale media gegons oor of daar behoorlike veiligheidsmaat­reëls op die rolprentstel toegepas is.

Adrian Galley, ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse gilde van akteurs (Saga), sê die gilde is ernstig bekommerd oor die bewerings wat oor die veiligheidsprotokolle gemaak word. Die gilde wil eers die feite van die voorval weet voordat hy kommentaar lewer.

“Enige rolprentstel is potensieel ’n gevaarlike werksomgewing en ons bedryf het goedgevestigde en streng veiligheidsprotokolle. Saga is gretig om vas te stel of enige hiervan verontagsaam is.”

Galley sê van die akteurs wat op die stel was, is getraumatiseerd, en nie gereed om daaroor te praat nie.

Meer oor:  Odwa Shweni  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.