Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Aktiviste van #FeesMustFall oorhandig memorandum
Foto ter illustrasie.Foto: Reuters

Die presidensie het Donderdag bevestig dat hy ’n memorandum van die #FeesMustFall-aktiviste – wat om amnestie vra vir mede-aktiviste wat aangekla is van misdaad by hul protesoptogte – ontvang het.

Cassius Lubisi, direkteur-generaal in die presidensie, het Woensdag die memorandum namens pres. Cyril Ramaphosa ontvang.

Die groep van 40 aktiviste het op 18 Desember vanaf Isandlwana in KwaZulu-Natal vertrek om die memorandum by die Uniegebou in Pretoria te oorhandig.

In die memorandum word Ramaphosa ook versoek om ander netelige kwessies soos werkloosheid in die land aan te pak.

Die aktiviste het ook in Augustus na die Uniegebou opgeruk oor soortgelyke kwessies.

Die presidensie het op daardie geleentheid gesê dat die aktiviste eerder hulle na die departement van justisie en korrektiewe dienste moet wend. By navraag het Khusela Diko, woordvoerder in die presidensie, gesê dat die president nie sommer by enige besluite van die nasionale vervolgingsgesag kan inmeng nie.

Ramaphosa kan ook nie ’n algemene amnestie vir die aktiviste, wat van strafregtelike oortredings aangekla word, afkondig nie.

Meer oor:  Memorandum  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.