Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Aktrise deel tuinmaakplesier

Word Sondag op Suid-Afrika se derde amptelike Tuindag een met die natuur, nooi die Afrikaanse aktrise Erica Wessels.

Erica Wessels sê Tuindag is belangrik.

Wessels maak te midde van haar besige skedule altyd tyd vir haar plante.

Sy is te sien in kykNET se Fynskrif en die Silwerskerm-kortprent Vlees van my vlees.

Sy speel ook in nog ’n splinternuwe kyk­NET-reeks wat binnekort bekend gemaak gaan word en is aan die werk aan die vollengte rolprent Valhalla.

“Tuindag is nie net pret nie, maar ook belangrik,” sê Wessels.

“Niks is lekkerder as om jou vingers in die grond te druk en ’n saadjie of ’n plantjie te plant en water te gee nie. Óf die totale tevredenheid daarvan om in jou kruietuin rond te werskaf en te sien hoe mooi jou slaai, tamaties, rissies en kruisement groei.”

Tuindag maak haar opgewonde “omdat ons saam as Suid-Afrikaners ’n verenigde doel het om kreatief aan te hou speel in en met die natuur”.

Selfs Toby the Sheep van Bedford in die Oos-Kaap vier Tuindag. Tarin Ross, sy eienaar, maak Toby bekend op Instagram.

“Dit is só goed vir die siel. Veral in ’n tyd waarin elektroniese toestelle en besige skedules ons soms oorweldig, moet ons tyd maak vir die kosbare en belangrike dinge soos plante, blomme, bome, struike, grou, natmaak, plant, saai en snoei. Ek kry sommer lekker net om daaraan te dink.

Lisa Pellat, ’n woordvoerder vir Tuindag, sê dié dag het as ’n gedagte by ’n groep geesdriftige tuinmakers ontstaan. Hulle wou ’n beweging op tou sit deur ’n dag te skep waarop almal hul tuine saam kan geniet en vier.

“Dit is ook wyd opgeteken dat ’n tuin, hoe klein of groot ook al, die potensiaal het om mense en gemeenskappe bymekaar te bring.

“As jy jou buurman se tuin van ’n afstand staan en bewonder het, sy rankrose geruik het, of sommer net meer oor daardie besondere vetplante wou weet, is Tuindag die volmaakte kans om uit te skiet en ’n goeie verhouding met almal rondom jou aan te knoop.”

Meer oor:  Erica Wessels  |  Tuindag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.