Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Al 3 vermiste seuntjies van PE gevind

Drie vermiste kleuters van Motherwell, Port Elizabeth, is teen Woensdagaand, amper 21 uur nadat hulle spoorloos verdwyn het, lewend gevind en met hul ouers herenig.

Die drie seuns, waarvan twee nefies is, het Dinsdagmiddag omstreeks 12:15 net spoorloos verdwyn nadat hulle glo naby hul huis op ’n oop veld in die NU-29-woonbuurt gespeel het.

Die ma van een van die kinders het omstreeks 15:00 na hulle gaan soek en besef hulle is nie meer in die veld nie.

’n Soektog deur familie en vriende daardie middag was onsuksesvol. Die kinders is omstreeks 22:00 as vermis aangemeld, waarna daar met ’n volskaalse soektog begin is.

Lt.kol. Jesvin Arends van die SAPD Motherwell kort nadat die polisie Othandwayo Zenzile (4) en Nande Nombewu (3) opgespoor het. Foto: SAPD

Linamandla Zenzile (3) is Woensdagmiddag omstreeks 14:25 eerste opgespoor toe hy by ’n weegbrug deur werkers van die Amanzi-steengroef op die pad tussen Uitenhage en Motherwell opgemerk is.

Kol. Priscilla Naidu sê die polisie het daarna hul soektog onmiddellik verskuif na die steengroef-gebied. Volgens haar het die gemeenskap en metro-reddingspanne gehelp met die soektog.

“Kort ná 19:06 het lt.kol Jesvin Arends en ao. Francois Marais ’n kind se gille agter ’n sandduin gehoor.

Die twee kinders, Othandwayo Zenzile (4) en Nande Nombewu (3), is op klippe gevind bykans 7 km van hul huis af.”

Naidu sê die kinders het verdwaal toe hulle gaan stap het.

Hulle het blykbaar Dinsdagnag in die bosse geslaap.

“Hulle is al drie na die Uitenhage-hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Naidu gesê.

“Dit was oorweldigend om te sien hoe die gemeenskappe van oral in die metro op soveel maniere hul hulp aangebied het om hierdie kinders te vind. Mense het reguit van die werk af gekom en by die soektog aangesluit. Ons is net bly dat hierdie kinders nou veilig en herenig is met hul ouers. Ons moedig ouers aan om ekstra versigtig te wees en ten alle tye bewus te wees van waar hul kinders is,” het genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-kluster, bygevoeg.

Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.