Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Al Debbo se 1ste orreltjie deel van ABO-veiling

Al Debbo, komediant, akteur en sanger, se eerste orreltjie waarop hy op konserte liedjies soos “Hasie”en “Sonbrilletjies” gespeel het, is deel van die Anglo-Boereoorlog-veiling op 24 September net buite Bloemfontein.

Betsie Roux en Jackie Steyn, organiseerders van die veiling, sê dit word van 11:00 tot 13:00 op Erfenisdag op die Onze Rust-landgoed, op die N1 sowat 12 km van die Windmill Casino af, gehou.

Al Debbo se eerste orreltjie wat op die ABO-veiling op die Onze Rust-landgoed naby Bloemfontein opgeveil gaan word.

Die veiling is ter herdenking van die uitbreek van die ABO 120 jaar gelede en ’n gedeelte van die opbrengs word aan Volksblad se Omgee-fonds geskenk.

Jeandré Smith van Nico Smith-afslaers sal die veiling behartig.

120 besonderse oudhede, wat vooraf gekeur is, sal op die veiling aangebied word, terwyl daar ook 30 kattebak-verkopings en 30 stalletjies vir die snuffelaars sal wees.

Kosstalletjies en ’n bier- en ’n teetuin word ingerig.

Helene Kotzé skryf aan die keurkomitee van die ABO-veiling van die Kaap af: “Na aanleiding van die berig in Die Burger stuur ek foto’s van ’n waterbak, erde-emmer, asook Al Debbo se eerste orreltjie wat gebruik is vir sy eerste konserte Hasie en later Sonbrilletjies, wat dalk ook van waarde kan wees.

“Ná my dubbele hartomleiding en breukoperasie 18 dae gelede mag ek nog nie eens as passasier in ’n motor ry nie. Ek bly in Kaapstad, digby die N1 en Goodwood-winkelsentrum, en die kinders en familie stel geensins in die oudhede belang nie. Daarom sal ons dit vir die veiling skenk.”

Elize Heymans van Bloemfontein het ná ’n berig in die Volksblad ’n outydse roomafskeier aangebied, wat al vir 25 jaar op ’n plaas in die Ladybrand-distrik in ’n kas staan.

Olieverfskilderye is ook reeds vir die veiling ontvang.

Van die olieverfskilderye wat op die Anglo-Boereoorlog-veiling opgeveil gaan word.

Meer oor:  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.