Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Al die pad van België vir Suid-Afrikaanse doop
Simeon Jacobs, wat in België gebore is, glimlag vir die kamera. Hy is Saterdag in Pretoria gedoop. Foto: Suikerbos Photography
Simeon Jacobs lê stil in ma Larissa se arms terwyl pa Leon toekyk. Dié ses maande oue knaap is Saterdag in Pretoria gedoop. Foto: Suikerbos Photography

Hy kan nog nie praat nie, maar van Suid-Afrikaanse kos en sy ouma hou hy baie.

Simeon Jacobs se ouers, Larissa en Leon, het hom al die pad van Leuven in België gebring om in Suid-Afrika gedoop te word.

“Toe hy sy ouma (Larissa se ma) vir die eerste keer sien, het hy haar aan die gesig vasgehou en haar die heeltyd in die oë gekyk,” sê Leon.

Dit was egter nogal ietwat van ’n uitdaging om alles gereël te kry.

Net om die owerhede tevrede te stel, verg drie Covid-19-toetse.

Dit was ook ’n groot gesukkel ’n paspoort gereël te kry vir klein Simeon.

’n Kind wat in België gebore word, kry nie outomaties burgerskap nie, sê Leon. Wetgewing is so streng en die proses so omslagtig dat dit tot so lank as twee jaar kan duur.

Intussen het Suid-Afrika sy inperking na ’n slapper vlak 1 geskuif wat internasionale reisregulasies ook minder streng gemaak het.

“Dit het gelyk na die ideale geleentheid om Simeon aan die familie te kom bekend stel,” het Jacobs gesê.

Maar hoe gemaak sonder ’n paspoort? Wonderbaarlik het vriende van vriende ingespring en ’n paspoort is gereël.

Larissa en Leon woon en werk nou al amper vier jaar in België. Hy is die kreatiewe direkteur van ’n reklamemaatskappy en sy is ’n kliniese sielkundige.

Kort nadat hulle in Suid-Afrika ontmoet het, is Leon die werk aangebied.

Sedertdien het hulle nog nie baie kans gehad om in Suid-Afrika te kom kuier nie.

Die idee vir Simeon se doop het posgevat toe dit so uitwerk dat goeie vriende van die Jacobse, Hansie en Lanette Breedt, ook dieselfde tyd in Suid-Afrika sou wees. Die Breedts is sendelinge in België en hulle en die Jacobs-gesin is nou mekaar se oorsese aanneem-familie.

Hansie het ingestem om Simeon die afgelope Saterdag op ’n klein geleentheid in Pretoria te doop.

Die gastelys is kort gehou weens die nuwe vlak 3-regulasies wat verlede week afgekondig is.

“Dit was tog nog baie spesiaal. Ek is baie bly ons het toe besluit om hom hier in Suid-Afrika te doop,” het Jacobs gesê.

Meer oor:  België  |  Ouma  |  Doop  |  Gesin  |  Kerk  |  Kleinseun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.