Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Al hoe meer wil padgee uit SA

Terwyl Suid-Afrika sukkel om uit die greep van die Covid-19-pandemie te kom, kyk al hoe meer van die land se rykes na maniere om buiteland toe te trek.

Die internasionale regsfirma Harvey sê veral in die tweede kwartaal was daar ’n groot toename in navrae deur Suid-Afrikaners wat na onder meer Kanada, Brittanje en Australië wil emigreer.

Bastien Trelcat, besturende direkteur van Harvey, sê die pandemie het internasionale reise belemmer, emigrasie- en visumaansoeke laat ophoop en reëls laat verander, maar dit keer Suid-Afrikaners nie om planne te beraam om oorsee te gaan nie. Daar is verskeie redes waarom mense in die hoërinkomstegroep Suid-Afrika wil verlaat, maar die grootste is misdaad en ’n gebrek aan veiligheid, asook beter sakegeleenthede oorsee, beter onderwys en ’n beter lewensgehalte.

Trelcat raam minstens 25 000 Suid-Afrikaners emigreer jaarliks.

Die Verenigde Nasies raam meer as ’n miljoen Suid-Afrikaans-gebore mense woon nou in die buiteland teenoor sowat 330 000 in 1990.

’n Peiling deur Statistieke Suid-Afrika oor die maatskaplike impak van Covid-19 op beweeglikheid, migrasie en onderwys toon buitelands-gebore mense wat in Suid-Afrika woon – meestal van Zimbabwe en Europa – het ondanks die inperking in die land aangebly omdat hulle bang was hulle sou nie later kon terugkeer nie. Meer as die helfte beskou Suid-Afrika as hul tuiste.

Meer oor:  Covid-19  |  Emigrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.