Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Al is hulle min, vaar Valke goed – hoof

Die Valke gaan nie bes gee nie, veral nie in die bekamping van misdade soos korrupsie en bedrog nie.

Vir lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, is ’n konferensie soos die IAFCI broodnodig omdat “kundigheid oorgedra moet word”. Foto: Werner Beukes

“In die 2017-’18-boekjaar het die direktoraat vir prioriteitsmisdade 2 158 bedrogsake hanteer en is 3 558 mense suksesvol aangekla,” het lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, Woensdag in Johannesburg gesê op ’n konferensie oor finansiële misdaad en bedrog van die Internasionale Vereniging van Finansiële Misdaadondersoekers (IAFCI).

Volgens Lebeya is dit ’n prestasie omdat daar slegs 1 700 ondersoekers is wat die klagte hanteer.

“Hoewel die Valke teen die helfte van ons vermoë funksioneer, gaan ons voort om korrupsie en bedrogsake te ondersoek sodat die beskuldigdes suksesvol in die hof aangekla kan word. Ons sit ook met ou sake, selfs uit die dae voordat die Valke gestig is, maar dié sake moet hanteer word en kan nie deur ondersoekers weggewens word nie. Ons het ou sake en baie nuwes wat bykom,” sê Lebeya.

Hy dink dat die Valke doeltreffender sou kon wees as meer ondersoekers aangestel word. “Ons is min in vergelyking met die aantal sake wat ons aanpak, maar ons het tande. As ek kon kies sou ek graag 2 000 meer ondersoekers wou hê.”

Lebeya het ook sy kommer uitgespreek oor die groeiende aantal dokters wat met vervalste kwalifikasies praktiseer.

Vir Lebeya is ’n konferensie soos die IAFCI, waar die nuwe neigings in finansiële misdaad deur spesialiste bespreek word, broodnodig omdat “kundigheid oorgedra moet word”.

“Mense leer nie net in ’n klas nie, maar ook deur middel van werksessies waar verskillende mense kan saamkom om idees uit te ruil en inligting met mekaar te deel. Vandag gaan oor die identifisering en bekamping van finansiële misdade, korrupsie in organisasies en maniere om kuberbedrog te pak. Bedrog is al eeue lank in ons midde. Dit is niks nuuts nie. Al kry bedrog ’n kuberbaadjie, bly dit bedrog.”

Lebeya het ook sy kommer uitgespreek oor die groeiende aantal dokters wat met vervalste kwalifikasies praktiseer en mense se lewe in gevaar stel.

“Ons is besig om ’n aantal sulke sake te ondersoek. Nog ’n bekommernis is senior amptenare in munisipaliteite wat by tenderbedrog betrokke is. Daar is mense wat omgekoop kan word om laer te trek om dié korruptes, maar ook mense wat ondersoekers van waardevolle inligting voorsien waarvoor ons baie dankbaar is,” sê Lebeya.

Meer oor:  Valke  |  Godfrey Lebeya  |  Korrupsie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.