Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Al SA se planne ‘help niks vir padveiligheid’

Ondanks al die beleid en strategieë wat opgestel word om ongelukke op die land se paaie te verminder, kos padongelukke die Suid-Afrikaanse ekonomie steeds sowat R430 miljoen per dag.

Jan Coetzee, besturende direkteur van ?Innovative Transport Solutions, sê die toestande van paaie speel ’n veel kleiner rol in ongelukke as bestuurders se gedrag.

Dít is slegs een van die skokbevindinge wat Jan Coetzee, besturende direkteur van Innovative Transport Solutions, in ’n verslag bekend maak.

Hy sê die sterftesyfer op Suid-Afrikaanse paaie was in 2016 en 2017 meer as 14 000 per jaar.

“Daar vind 2 300 botsings per dag plaas – gemiddeld 94 ongelukke per uur.”

Hy sê op ’n kaart van Suid-Afrika sal daar elke 40 sekondes ’n rooi liggie flikker om aan te dui waar ’n ongeluk is. En dit is gelykstaande aan ’n Airbus A340-300 met 250 passasiers wat een keer per week teen Tafelberg vasvlieg.

Volgens Coetzee kom die meeste noodlottige ongelukke in Desember voor, gevolg deur die wintermaande en nie oor die Paastyd soos wat algemeen aanvaar word nie.

Maar hoekom werk al die projekte en inisiatiewe om ongelukke te voorkom dan nie?

Coetzee sê padveiligheid is ’n komplekse kwessie wat deur verskeie lae in die samelewing geraak word: “Hoe kinders by die huis geleer word, dissipline in die skool, padveiligheidsonderrig in skole, ons bestuursonderrig en -toetse. Nuweling-bestuurders word nie formeel geleer hoe om op snelweë te bestuur nie, nog minder hoe om op plattelandse paaie ’n ander voertuig verby te steek. Die lys is lank.”

Hy sê die komplekse kwessie word dikwels deur ’n nuwe minister of departementshoof vereenvoudig deur die aanstelling van meer verkeersbeamptes of die uitdeling van boetes in die teenwoordigheid van joernaliste. Ministers van vervoer versoek bestuurders op nasionale televisie om seker te maak hul voertuie is padwaardig en daar is selfs al ’n biddag gehou.

Coetzee sê desondanks is daar nie regtig ’n volhoubare plan wat ’n verskil op lang termyn gaan maak nie.

Hy sê dit is algemene kennis dat 90% van ongelukke as gevolg van menslike gedrag is – die pad en die toestand van die voertuig is bydraende faktore, maar hul bydrae tot ongelukke maak het ’n klein persentasie uit.

Coetzee lê elke jaar 35 000 km op die land se paaie af en neem die afgelope drie jaar die gedrag van padgebruikers op sy paneelkamera op.

“Ons leef in ’n land waar daar nie respek is vir die gereg nie. Hoe verander ons dié gedrag en verminder 827 000 ongelukke per jaar as bestuurders geen agting vir die wet of padreëls het nie?”

Ons leef in ’n land waar daar nie respek is vir die gereg nie.

Hy meen die minagting van padreëls moet vir die samelewing onaanvaarbaar word. “Ons moet optree. As landsburgers moet ons verkeersoortredings aanmeld. Elkeen van ons moet ons verbind om by ’n rooi verkeerslig te stop en ander padgebruikers te respekteer. Korrupte verkeersbeamptes moet aangekeer word en oortreders moet swaar gestraf word.”

Daarmee saam het ons leiers nodig wat ’n voorbeeld stel.

“Ons gedrag op die paaie is ’n venster tot ons psige as ’n nasie. As ons wetteloosheid op ons paaie vasvat, sal dit ook die wetteloosheid in baie anders aspekte van ons samelewing voorkom. En dit kan lewens red.”

* Volgens data van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het die 827 116 ongelukke per jaar van 2015 tot 2018 die Suid-Afrikaanse ekonomie sowat R157 miljard per jaar gekos.

Dít is gelykstaande aan 62 084 mense per jaar wat ernstig beseer en 13 497 mense wat in ongelukke dood is.

Meer oor:  Jan Coetzee  |  Ekonomie  |  Padongelukke  |  Padveiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.