Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Alberton-man terug, maar ontvoerders is nog nie aangekeer
Só het die plakkaat gelyk waarin hulp gevra is om die 73-jarige Trevor Erasmus op te spoor.Foto: Facebook

Trevor Erasmus (73), wat bykans drie weke lank vermis was, is veilig terug by sy familie.

Paul O’Sullivan, private forensiese speurder, het Saterdag bevestig Erasmus is sedert Vrydag terug by sy familie.

“Die familie is dankbaar dat hy gevind is, maar wil nie nou al daaroor praat nie. Plaas jouself in hul skoene, hulle het verskriklike spanning deurleef sedert hy vermis geraak het.”

Op versoek van die familie wou hy nie uitwei oor Erasmus se toestand of hoe hy teruggevind is nie.

Erasmus het self ook nie Sondag sy foon beantwoord nie.

Die familie wil graag alleen gelaat word, het O’Sullivan gesê.

Volgens O’Sullivan sal dit die ondersoek in die wiele ry as besonderhede en leidrade in die media bekend gemaak word.

“Ons wil graag die skuldiges aankeer.”

Hy is deur die Erasmus-familie aangestel om te help met die ondersoek.

* Erasmus is op 31 Januarie in die suide van Johannesburg ontvoer. Hy het dié dag sy kantoor in City Deep gesluit om huis toe te gaan, maar nooit daar opgedaag nie. Sy motor is gesluit naby sy kantoor gevind en sy selfoon in Swartkoppieslaan in Brackendowns, Alberton.

Kort ná sy ontvoering is glo R10 miljoen geëis vir sy vrylating. Dit het talle vrae laat ontstaan omdat Erasmus se gesin volgens bronne nie welaf is nie.

Kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die polisie gaan nie kommentaar lewer oor ’n saak wat nog ondersoek word nie.

Meer oor:  Trevor Erasmus  |  Alberton  |  Ontvoerders  |  Vermis  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.