Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Alex Boraine sterf

Alex Boraine, voormalige ondervoorsitter van die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK), is in die ouderdom van 87 dood. 

Boraine se seun, Jeremy, het die nuus van sy pa se dood aan News24 bevestig.

Boraine was 'n vurige anti-apartheidsaktivis wat destyds met verwysing na die apartheidsregering gesê het "ons moet al ons kragte gebruik om ontslae te raak van hierdie verdomde regering."

Hy was 'n LP van die ou Demokratiese Party tot en met 1986.

Hy was later uitgesproke in sy kritiek op die ANC en het 'n boek, What's gone wrong? South Africa on the brink of a failed state, in 2014 gepubliseer.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Dood  |  Alex Boraine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.