Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Alle gelowe en kerke, ook NGK, moet praat oor grond’

Geloofsorganisasies soos onder meer die NG Kerk en ander wat groot grondeienaars is, moet individueel genooi word om aan die parlementêre proses deel te neem oor die wysiging van die Grondwet om onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak.

Só het Mandla Mandela, ANC-LP en lid van die parlementêre ad hoc-komitee wat tans met die proses gemoeid is, Dinsdag in die parlement gesê. Dit was in ’n sitting waar dié komitee die finale program vir die komende provinsiale verhore oor die kwessie aanvaar het.

Die LP’s het ooreengekom dat die komitee in twee groepe verdeel wat gelyktydig openbare verhore landwyd sal hou.

Die eerste ronde van die openbare verhore sal van 20 tot 24 Februarie in onderskeidelik Limpopo en die Noord-Kaap plaasvind.

Dr. Mathole MotshekgaFoto: DAILY SUN

Geskrewe voorleggings oor die aangeleentheid kan ook nog tot 29 Februarie vanjaar aan die komitee gestuur word.

Dr. Mathole Motshekga, die voorsitter, het LP’s Dinsdag in die komitee versoek om na alle Suid-Afrikaners, swart en wit, in die openbare verhore te luister. “Dit moenie in ’n bespreking tussen LP’s ontaard nie, omdat die konsepwetsontwerp wat daaruit moet spruit mense se menings daaroor in ag moet neem.”

Hy het weer die versekering gegee dat elke politieke party se bydrae gelyke oorweging sal kry en dat een party nie bo ’n ander voorkeur sal geniet nie.

Dit ná ’n herrie verlede maand nadat die ANC op sy lekgotla besluit het dat die uitvoerende gesag, in plaas van die howe, uiteindelik oor die vergoedingsbedrag in gevalle van grondonteiening moet besluit.

Motshekga het gesê dat openbare verhore op 17, 18 en 19 Maart in die parlement sal plaasvind.

Volgens hom het hy ook ’n versoek van die Intergeloofsraad van Suider-Afrika (SAIC), wat verskillende geloofsorganisasies oorkoepelend verteenwoordig, ontvang dat hulle met die komitee oor die kwessie wil vergader.

“Ons weet dat geloofsgroepe baie grond besit en dat ons dieselfde respek wat ons aan tradisionele leiers, konings en koninginne betoon, ook aan geloofsleiers moet betoon.

“Geloofsorganisasies verteenwoordig ook die meerderheid van ons mense en ons wil hê hulle moet die proses verstaan om ons te help om ons mense te mobiliseer om aan die proses deel te neem. So wil ons ook hê die NG Kerk moet deelneem.”

Volgens Motshekga sal geen geloofsgroep uitgelaat word nie.

Geloofsorganisasies verteenwoordig ook die meerderheid van ons mense en ons wil hê hulle moet die proses verstaan om ons te help om ons mense te mobiliseer om aan die proses deel te neem. So wil ons ook hê die NG Kerk moet deelneem.

Mandela het gesê daar moenie net aangeneem word dat as ’n uitnodiging aan een oorkoepelende organisasie van kerke gerig word dat dit alle kerke en entiteite verteenwoordig nie.

“Ons moet aan hulle almal individueel skryf. Soos aan die NG Kerk, die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika, die Moslem- Juridiese Raad, Rastafariërs en almal anders. Ons moet individueel met hulle skakel sodat hulle elkeen kan sê dat hulle individueel uitgenooi is,” het hy gesê.

Die komitee het besluit om op 17 Maart in die parlement met geloofsorganisasies te vergader om “hulle te bemagtig om hul lede-organisasies voor te berei om aan die proses deel te neem”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.