Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Alles gereed vir Nampo 2019

Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat was Maandag ’n miernes van bedrywigheid soos wat uitstallers en organiseerders gereed gemaak het vir Dinsdag wanneer die hekke vir besoekers open.

Die organiseerders hoop dat meer as 80 000 mense weer oor die volgende vier dae die oesdag sal besoek.

Jacques Taylor, hoof van John Deere: suid van die Sahara, Lucas Groenewald van John Deere SA, en Cobus du Toit van John Deere Wes-Afrika, by die CP690-katoenplukker. Foto: Alet van der Walt
Cobus du Toit van John Deere Wes-Afrika, Jacques Taylor, hoof van John Deere: suid van die Sahara, en Lucas Groenewald van John Deere SA, by die CP690-katoenplukker en een van die katoenbale wat meer as twee ton weeg.Foto: Alet van der Walt

Een van die Nampo Oesdag se grootste uitstallers, John Deere, het Maandag die herposisionering van sy handelsmerk in Afrika bekend gestel.

Jacques Taylor, John Deere se hoof: suid van die Sahara, sê John Deere wil hom bemark as ’n landboumaatskappy wat nader aan die Afrika-mark is, en daar moet sinergie tussen die ontwikkelende markte in Afrika en Asië wees.

Taylor sê die maatskappy kan aan alle boere in Afrika se behoeftes voorsien, en van kleinboere tot megaboere sal by John Deere ’n tuiste vind.

“Van die kleinste trekkertjies met lae spesifikasies tot hoogs tegnologiese masjinerie word deur ons bemark,” sê Taylor.

John Deere luister ook na die behoeftes van boere in ontwikkelende lande wanneer nuwe werktuie ontwerp word, sê hy.

Een van die duurste landbouwerktuie in die land, John Deere se CP690-katoenplukker, is vanjaar op Nampo te sien. Die katoenplukker word die afgelope paar jaar in Suid-Afrika bemark en kos meer as R10 miljoen.

Lucas Groenewald van John Deere Suid-Afrika sê die katoenbedryf het lank noustrop getrek, maar 20 boere het al in die masjien belê.

Die katoenplukker kan sy baalgroottes aanpas na gelang van die boer se behoeftes. Van die grootste bale weeg meer as twee ton.

Tinus Havinga op ’n nabootser waar mense kan leer hoe om mielies te stroop. Die deelnemer wat die beste vaar, wen ’n geskenkpak. Foto: Alet van der Walt
Meer oor:  Bothaville  |  Ekspo  |  Landbou  |  Nampo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.