Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mense gryp waspoeier toe vragmotor op N1 omslaan
Chaos het uitgebreek toe ’n groep mense Saterdag op die vragmotor wat die waspoeier vervoer, toesak.Foto: Twitter

Metropolisiebeamptes moes Saterdag bontstaan toe mense waspoeier gryp van ’n vragmotor wat naby die Olifantsfontein-afrit in Midrand in die noorde van Johannesburg omgeslaan het.

Talle foto’s en video’s van mense wat die waspoeier wegdra, is intussen op sosiale media versprei.

“'n Chaos het uitgebreek toe ’n groep mense Saterdagmiddag toegesak het op die vragmotor wat die waspoeier vervoer het. Die metropolisie moes ook die gemoedere kalmeer toe talle motoriste ná die ongeluk in 'n verkeersopeenhoping vasgekeer was. Die ongeluk het op die N1-noord naby Olifantsfontein gebeur en die pad was van 14:45 tot 17:45 gesluit,” het hoofsupt. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie gesê. Die verkeer moes via die New Road-afrit, die R55 en die Ou Pretoriaweg herlei word. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens Minnaar het die vragmotorbestuurder ligte beserings opgedoen. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Meer oor:  Midrand  |  Ongeluk  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.