Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Almal veilig’ nadat SAUK-gebou ontruim is

Die SAUK sê almal is veilig nadat ’n klein groepie werknemers Woensdag op die 17de verdieping van die Radiopark-gebou vasgekeer was.

Dié gebou in Auckland Park, Johannesburg, is omstreeks 10:00 ná ’n dieselstorting ontruim.

Die SAUK se Radiopark-gebou is Woensdag ontruim.Foto: Felix Dlangamandla

Vuyo Mthembu, SAUK-woordvoerder, sê daar was vroeër ’n kragonderbreking en toe skop die kragopwekker tussen die 15de en 16de verdieping in.

“ Diesel het begin lek toe die kragopwekker breek. Die kragopwekker is oud,” het Mthembu gesê.

MetroFM, 5FM en Radio 2000 word geraak. “Dié radiostasies speel nou deurlopend musiek totdat die probleem opgelos is.”

Drie mense is weens die inaseming van dieseldampe behandel.

Mthembu kon nie bevestig of die gebou nou al veilig is nie.

Meer oor:  Sauk  |  Ontruim  |  Diesel  |  Kragonderbreking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.