Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amazon kry 1ste Afrika-tuiste in Kaapstad
’n Argiteksvoorstelling van die amfiteater. Foto: River Club

’n Stuk grond van 15 ha groot by die River Club in Observatory in Kaapstad is vir die ontwikkeling van onder meer die eerste hoofkantoor van Amazon in Afrika goedgekeur.

Die projek van sowat R4 miljard kan na verwagting reeds in die konstruksiefase 5 239 werkgeleenthede skep. Dit maak deel uit van die stad se poging tot volhoubare ontwikkeling, waarin ekologiese bewaring en stedelike ontwikkeling gebalanseer word.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het die ontwikkeling goedgekeur en daarop gewys dat dit ook tot 19 000 onregstreekse werkgeleenthede sal lei.

Die ontwikkeling sal bestaan uit ’n gemengde gebruiksruimte van 150 000 m², wat in twee gebiede vir kommersiële gebruik en vir behuising verdeel gaan word.

Plato het gesê die ontwikkeling skep ’n goeie balans vanweë onder meer ’n kombinasie van residensiële en kommersiële geleenthede wat goed geplaas is en die rehabilitasie van die verswakte rivier-korridor.

Daar sal byvoorbeeld verskeie winkels, restaurante, ’n hotel, ’n gimnasium en ’n skool wees.

Die River Club-ontwikkeling is al sedert 2015 aan die gang, maar daar was teenkanting van inheemse groepe en behuisingsaktiviste.

Die ontwikkeling sal egter nou bekostigbare behuisingsgeleenthede insluit en die Khoi-groep eer.

’n Voorstelling van hoe die beplande media-sentrum gaan lyk. Foto: River Club

“Die grond is nie onderhewig aan beperkings, soos ’n erfbeskermingsone nie, maar die ontwikkelaar het onderneem om elemente in te bring wat die kultuur en erfenis sal vier waar daar tans niks is nie.

“Dit sluit in ’n inheemse tuin, ’n kulturele, erfenis- en mediasentrum vir die inheemse volke, ’n erfenis-ekoroete, ’n tuin-amfiteater en die vertoning van openbare simbole wat sentraal tot die verhaal van die inheemse volke is.

"Die paaie in die ontwikkeling sal ook deur die verhale van inheemse volke geïnspireer wees,” sê Plato.

Die River Club-ontwikkeling sal na verwagting in fases geskied en die konstruksie sal oor drie tot vyf jaar gedoen word.

“Die beoogde ontwikkeling vir gemengde gebruik sal ná die nasionale Covid-19-inperking ’n belangrike hupstoot vir die ekonomie en die inwoners van Kaapstad wees.

“Dit is duidelik dat dié ontwikkeling baie ekonomiese, sosiale en omgewingsvoordele bied. Ons is daartoe verbind om beleggings te stimuleer om weer lewe in die ekonomie te blaas.”

So gaan dit binne die sentrum lyk. Foto: River Club

Meer oor:  Amazon  |  River Club In Observatory
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.