Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ambulanse by Kuruman-hospitaal in protesaksie vasgekeer
Sommige staatsambulanse word buite die Kuruman-hospitaal in ’n protesaksie deur ambulanspersoneel vasgekeer. Foto: Verskaf

’n Aantal staatsambulanse is by die Kuruman-hospitaal vasgekeer in ’n protesaksie deur ambulanspersoneel.

Volgens een van vakbondleiers doen hierdie ambulanse wat by die hospitaal gestasioneer is, diens op die N14-roete na Vryburg, Upington en Kathu.

Volgens Banzi Sebotse, streeksekretaris van Nehawu, is hulle ontevrede oor oortydbetaling.

“Ons is nog nie vir vorige oortydwerk betaal nie. Ons eis ook ’n verhoging. Die kantore in Kuruman, Mothibistad en Batlharos moet ook opgeknap word. Ons toerusting is oud en die badkamergeriewe onaanvaarbaar.”

Volgens hom is van die nuwe ambulanse wat vanjaar in gebruik geneem is, reeds in ’n swak toestand.

Hy sê die publiek het steeds toegang tot die hospitaal.

“Ons het net sekere ambulanse toegesluit. Ons wag vir die distriksbestuurder om ons griewe aan te hoor en oplossings voor te stel.”

Die departement van gesondheid se kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Nehawu  |  Misdaad  |  Ambulanse  |  Protesaksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.