Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amerikaanse oorlognabootser ‘veg’ teen Britte op 120ste ABO-herdenking

"Daar is baie ooreenkomste tussen die suidelike state in Amerika en die Boererepublieke se strewe na vryheid."

’n Yank en ’n Boer. Richard A. Hamblem van Gallatin, Tennessee, geklee as ’n Boerekryger op die internasionale konferensie vir die 120ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog by die Oorlogmuseum in Bloemfontein. Hy is ’n oorlognabootser en militêre versamelaar. Foto: Mlungisi Louw
Netwerk24Foto: Mlungisi Louw

Só sê ’n Amerikaner wat die internasionale konferensie vir die 120ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog (ABO) in Bloemfontein in die drag van ’n Boerekryger bywoon.

Richard A. Hamblen is ’n oorlognabootser en militêre versamelaar van Gallatin, Tennessee, wat met ’n besoek aan die Oorlogmuseum in Bloemfontein in Desember besluit het om vir die konferensie terug te keer.

Hy en sy vrou, Janice, het ook Woensdag hul agste huweliksherdenking in Bloemfontein gevier. Sy verjaar ook Donderdag.

Hamblen vertolk die rol van ’n Confederate-soldaat op gedenkbyeenkomste van die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) by slagvelde soos Gettysburg in Pennsilvanië.

Hy het die konferensie in die Vrystaat egter nie as ’n Confederate-rebel bygewoon wat teen die Yankees die wapen wil opneem nie, maar geklee as ’n Boerekryger wat die Britte wil aanvat, soos die Amerikaners wel in die Amerikaanse Vryheidsoorlog teen Brittanje (1775-1783) in opstand gekom het.

Hamblen is omtrent ’n lopende museum wat met sy lang, wit baard, kakiedrag en Boerehoed tussen die ander konferensiegangers uitstaan.

Hy het die opslaan-hoed in Amerika aangeskaf en die ware Transvaalse hoedwapen vir $150 (R2 280) vanuit Australië bestel.

’n Yank en ’n Boer. Richard A. Hamblem van Gallatin, Tennessee, geklee as ’n Boerekryger op die internasionale konferensie vir die 120ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog by die Oorlogmuseum in Bloemfontein. Hy is ’n oorlognabootser en militêre versamelaar. Foto: Mlungisi Louw
Netwerk24Foto: Mlungisi Louw

Die goue gespe van sy lyfband met die woorde Eendracht Maakt Magt op is van die Transvaalse polisie in die ABO, terwyl die lapelwapen van die Vierkleur, wat lui Success to the Boers, deur simpatiseerders in die oorlog in Amerika gedra is.

Hamblen sê hy het ook drie Boere-Mausers in sy versameling van sowat 70 geskiedkundige wapens, meestal uit die Amerikaanse Burgeroorlog. Twee van die Mausers is uit die Vrystaat, maar is wapens wat deur die Britte afgeneem is, na Duitsland teruggestuur en weer deur die Duitsers aan Chili verkoop is.

“Een Mauser in die museum is presies soos myne in Amerika wat eens in die Vrystaat geveg het. Die ander Mauser moes volgens sy reeksnommer uit Transvaal kom. Ek het ook ’n Lee Metford-geweer aangeskaf.”

Hy wil graag in die week hier versamelaars van memorabilia uit die ABO besoek om moontlik sy versameling uit te brei.

Is daar een les wat hy uit sy studie van die ABO en die Amerikaanse oorloë geleer het?

“O ja, moet nooit die Britte vertrou nie.”

Meer oor:  Oorlogmuseum  |  Abo  |  Tennessee  |  Gallatin  |  Bloemfontein  |  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.