Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amnestie vir vuurwapens word dalk verleng

Vuurwapeneienaars wat die amnestietydperk wil benut, sal binnekort weet hoe sake vir hulle staan gedurende die nasionale inperking.

AfriForum sê in ’n verklaring brig. Lawrence Nkgweng het Donderdag gesê Bheki Cele, minister van polisie, het aan die parlement geskryf en gevra dat die amnestie verleng word.

Volgens Nkgweng het Cele briewe aan die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), asook aan die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) geskryf om te vra vir ’n moontlike verlenging van die algemene amnestietydperk vir eienaars van wapens waarvan die lisensie verstryk het.

Nkgweng sê die minister wag nou op sowel die portefeuljekomitee oor polisie as die gekose komitee vir veiligheid en justisie, aangesien dié versoek eers deur die onderskeie komitees moet gaan voordat dit na die NRP en uiteindelik die NV vir goedkeuring verwys kan word.

“Dié bevestiging van die SAPD is ’n welkome toedrag van sake vir vuurwapeneienaars wat graag die amnestietydperk wil gebruik,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder van die afdeling gemeenskapsveiligheid.

Hy sê die organisasie word oorval met oproepe en dit was een van die redes waarom hy toenemend druk op die minister geplaas het.

AfriForum het Cele op 20 Mei gevra oor ’n moontlike verlenging van die amnestietyd omdat vuurwapeneienaars weens die inperking verhinder is om dit te benut.

AfriForum het op 25 Maart ’n brief gestuur aan die minister en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, waarin hy sy kommer uitspreek dat vuurwapeneienaars weens die inperking hul lisensies nie betyds sou kon hernu nie.

AfriForum het op 24 April ’n brief ontvang waarin Cele bevestig dat die aansoeke van vuurwapeneienaars wie se lisensies verstryk het, ná die inperking steeds aanvaar sal word en dat dié aansoeke nie benadeel sal word nie.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Vuurwapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.