Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amor in trane ná nuus oor Joost se trust

Amor Vittone het Donderdag in trane uitgebars toe sy die nuus hoor dat die hof in haar guns oor haar oorlede man, die Springbok Joost van der Westhuizen, se trust beslis het.

“Ek het net probeer sterk wees vir my kinders. Ek kan nie glo ons het gewen nie,” het ’n emosionele Vittone gesê.

Amor Vittone. Foto: CORNEL VAN HEERDEN

Sy het vroeër ’n aansoek by die hof ingedien omdat sy nie wou hê dat Joost se twee broers, Pieter en Gustav van der Westhuizen, en Gavin Varejes van SA Rugby Legends, die trust moes beheer nie.

Dié drie is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein as die trustees onthef. Hulle is aanvanklik deur die meester van die hooggeregshof as die trustees aangestel.

Hulle is ook in die uitspraak deur regter Philip Loubser gelas om in hul persoonlike hoedanigheid Vittone se regskoste te betaal.

Vittone sê dit was ’n lang hofproses wat haar by tye moedeloos gelaat het. Die J9-Trust besit twee meenthuise in Fourways, Johannesburg, wat verhuur word. Uit dié huurgeld word maandeliks vir die twee kinders, Kylie en Jordan, ’n toelaag betaal.

“My kinders ken nie eintlik die trustees wat aangestel is nie. Dit is my kinders, ek is hul ma, en ek weet hoe om vir hulle te sorg.”

Vittone sê sy het die afgelope ruk ná Joost se dood probeer om ’n voorbeeld vir haar kinders en ander enkelma’s te wees.

“Ek het hard gewerk. Ek het ’n nuwe CD in die tussentyd uitgereik om vir my kinders te wys: Mamma gaan nie tou opgooi nie.”

Pieter kon Donderdag nie om kommentaar bereik word nie.

“Mense sê ek wil net Joost se geld hê, maar dis nie waaroor dit gaan nie. Ek en Joost het in ons huwelik saam gewerk om die geld te verdien.

Intussen is die hofgeding oor Joost se 2015-testament nog in die hooggeregshof in Pretoria hangend. Dié testament word deur Vittone betwis. Sy sê hul gesamentlike testament is die enigste een wat geld.

“Mense sê ek wil net Joost se geld hê, maar dis nie waaroor dit gaan nie. Ek en Joost het in ons huwelik saam gewerk om die geld te verdien,” sê Vittone.

Die meester het die broers en Varejes op grond van Joost se 2015-testament aangestel.

Vittone het in haar aansoek gevra dat ’n onafhanklike prokureur as trustee van die J9-trust aangestel word.

Loubser het in sy uitspraak gesê haar regsverteenwoordiger het dit in sy betoog nie verder gevat nie, waarskynlik omdat daar nie nou so ’n aanstelling gemaak sal word terwyl die aansoek oor die geldigheid van die testament steeds hangende is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.