Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amore Bekker: Krapperigheid in keel toe Covid-19

Die RSG-omroeper Amore Bekker is positief vir die koronavirus getoets.

“Dit voel soos ’n baie slegte griep. Ek is net dankbaar ek het nie my eetlus verloor nie,” het Bekker, wat tuis aansterk, hoesende oor die foon aan Netwerk24 gesê.

Dié aanbieder van programme soos Alhoebekker het Woensdag laat uitgevind sy het die virus opgedoen. Dit is nie duidelik waar sy dit opgedoen het nie.

Sy was onderweg na haar ma in Gqeberha (Port Elizabeth) toe sy bekommerd raak oor ’n krapperigheid in haar keel. Haar ma het ook die virus, sê Bekker.

Amore Bekker Foto: Argief

Dit was daarom juis te meer vir haar ’n harde slag toe sy die SMS met haar toetsuitslae kry.

“Gelukkig is my sussie en twee versorgers by my ma.”

Sy het dadelik in isolasie gegaan en sê buiten die hoes het sy nie veel ander simptome nie.

“Dit is mos iets om voor dankbaar te wees om nie die vreeslike hoofpyn te hê of niks te kan ruik nie.”

Sy is ook dankbaar vir haar vriendinne wat laer om haar getrek het. Een sou later vir haar nog medisyne bring en ’n metertjie om haar suurstofvlakke te monitor. Ander vriendinne sorg weer vir kos.

Terwyl Bekker aansterk, sal Sue Pyler vir haar instaan.

Louise Jooste, sakebestuurder by RSG, het bevestig benewens Pyler is daar ook ander gesoute aanbieders wat sal kan help.

Sy het luisteraars aangeraai om alle Covid-19-reëls te handhaaf om te voorkom dat hulle ook die virus op doen.

“Ons steun die SAUK-beleid dat mense maskers moet dra,” het Jooste gesê.

Meer oor:  Amore Bekker  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.