Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amore Bekker oor haar Covid-ellende

Of vyf dae se ivermektien teen Covid-19 gewerk het, weet Amore Bekker nie. Lemoene in die skil gebraai het nié gewerk nie.

Amore Bekker het vyf dae lank ivermektien teen Covid-19 gedrink. Sy het ook lemoene in die skil gebraai en geëet – raad wat toe 'glad nie gewerk het nie'. Foto: Cornél van Heerden

Sy “voel soos die hel”, maar dit gaan oukei en sy raak al hoe beter, het dié RSG-omroeper Woensdag aan Rapport gesê.

Drie dae nadat Bekker (56), aanbieder van die program Alhoebekker, gehoor het sy het die siekte, het sy ivermektien begin drink, vyf dae lank. “Ek het gister daarmee klaargemaak. Of dit gewerk het of nie, weet ek nie, maar die gemoedsrus was baie goed.”

Sy het ook lemoene in die skil gebraai nadat sy dié raad gekry het. “Dit het glad nie gewerk nie, maar nou weet ek ten minste ek het alles probeer.”

Haar kollega Ettienne Ludick sê hoewel hy ivermektien gehad het, het hy dit nie gebruik nie. Hy het wel ’n kursus antibiotika geneem.

“Ek het gemmertee gedrink en net my simptome dopgehou.”

Of dit gewerk het of nie, weet ek nie, maar die gemoedsrus was baie goed.

Bekker het gesê die siekte voel soos “ ’n helse griep. My lyf is seer en ek is pap, maar ek het nooit hoofpyn gehad nie.” Sy kon nie proe nie, wat ’n frustrasie was omdat sy “soveel vreugde uit my kos kry”.

Sy het Donderdagoggend op Facebook geskryf sy het nog nie haar smaak en reuk teruggekry nie. “Wat wel interessant is, is dat ek slegs die bitter smaak kan proe. Dit gaan elke dag ’n bietjie beter. As als goed gaan, is ek Maandag (môre) terug op my perd.”

Ludick (40), ook aanbieder van SuperSport Blitz, het Woensdag gesê hy het sy positiewe toetsuitslag net meer as ’n week tevore gekry. SuperSport-werknemers word weekliks vir die virus getoets.

Hy het nie lyf- of kopseer gehad nie. “Ek het die afgelope week dagboek gehou van my simptome. Ek het nie koors gehad nie – my koors was nooit bo 36,3 (°C) nie – en ek het ook nie enige ander simptome gehad nie.”

Ludick het wel sinusitis gehad. “As ’n ou dit lig kan kry, is dit die jackpot.”

Ettienne Ludick, aanbieder van SuperSport Blitz en omroeper by RSG, is dankbaar dat hy Covid-19 in ’n ligte graad gehad het.

Hy, sy vrou, Martie, en hul twee seuns, Endre (12) en Luken (8), was in afsondering.

Louise Jooste (46), RSG-sakebestuurder, het ook Covid-19 opgedoen, maar sê sy, Bekker en Ludick was nie in kontak met mekaar nie.

“Ek is steeds siek, maar op die herstelpad,” het ’n hoesende Jooste die afgelope week gesê.

Meer oor:  Amore Bekker  |  Ivermektien  |  Rsg  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.