Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amptelike begrafnis vir Surtie-Richards goedgekeur

Die legendariese aktrise wyle Shaleen Surtie-Richards sal Sondag op ’n amptelike provinsiale begrafnis ter ruste gelê word.

Surtie-Richards se familie sê in ’n verklaring pres. Cyril Ramaphosa het die versoek deur die familie, wat deur die ANC in die Wes-Kaap en die provinsiale regering gesteun is, goedgekeur.

“Die familie wil aankondig dat aangesien Shaleen ’n kampvegter, ambassadeur en stem vir die bruin gemeenskap oral in Suid-Afrika was, het die president van Suid-Afrika ’n provinsiale begrafnis amptelik goedgekeur.”

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards in Junie 2016. Foto: Gallo Images

Luidens die verklaring het Ramaphosa ook opdrag gegee dat die landsvlag Sondag halfstok in die Wes-Kaap hang.

“Die familie wil ook die geleentheid gebruik om ons president vir hierdie gebaar te bedank en dat hy die bydrae van ’n kreatiewe legende in die vermaaklikheidsbedryf herken,” lui die verklaring.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het die versoek Dinsdag aan Ramaphosa gerig.

“Ingevolge die beleid vir staatsbegrafnisse kan spesiale provinsiale begrafnisse (kategorie 2) gehou word vir ‘vooraanstaande mense wat spesifiek op versoek van die premier van ’n provinsie deur die president aangewys word’,” het Winde gesê.

Die familie het Winde bedank vir sy ondersteuning en bystand.

Surtie-Richards is Maandagoggend dood in ’n gastehuis in Kaapstad gekry.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Die begrafnis in die Durbanville-begraafplaas word Sondag om 14:30 ingevolge Covid-19-regulasies gehou. Dus word die getalle beperk.

Die SAUK sal die geleentheid uitsaai en dit sal ook op sosiale media gestroom word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.