Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amptelike provinsiale begrafnis vir bekende radioman

Die veteraanradio-omroeper Xolani Gwala sal ’n spesiale amptelike kategorie 2- provinsiale begrafnis ontvang, het die presidensie Vrydag bekend gemaak.

Gwala (44) word Saterdag in Impendle, KwaZulu-Natal, begrawe.

Xolani Gwala Foto: Elizabeth Sejake/City Press

Gwala, wat ’n omroeper by 702/Cape Talk was, is verlede Vrydag ná ’n stryd teen kanker dood.

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n amptelike begrafnis aangekondig en gelas dat die vlae Vrydag in KwaZulu-Natal halfstok hang.

“Ons het ’n jeugdige veteraan in ’n belangrike sektor van ons land verloor. As ’n beroepsmens wat in die middel-1990’s gekwalifiseer het, het Xolani Gwala saam met hom gedra die waardes van ons oorgang na demokrasie – die waardes van luister en om oop te wees vir sienings wat met jou eie bots of beledig en te fokus op oplossings,” het Ramaphosa gesê.

Volgens die presidensie sal Gwala se spesiale provinsiale begrafnis ook seremoniële elemente van die polisie insluit.

Verskeie roudienste, wat deur veteraanjoernaliste, politici en luisteraars bygewoon is, is vir die omroeper gehou.

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, Robert Marawa, ’n goeie vriend en mede-omroeper, en adv. Muzi Sikhakhane was onder diegene wat oor Gwala se nederigheid en kalm geaardheid gepraat het.

Meer oor:  Xolani Gwala
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.