Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amy’Leigh gaan ná vakansie terug skool toe

Amy’Leigh de Jager, wat ná ’n ontvoeringsdrama teruggevind is, sal haar volgende maand by haar klasmaats aansluit by die skool waar sy vroeër gegryp is.

Amy’Leigh de Jager (6).

Coenie Herbst, skoolhoof van die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, sê Amy’Leigh (6) se ouers het besluit om haar ná die skoolvakansie terug te stuur skool toe.

Wanneer sy na verwagting begin Oktober weer heeltyds begin skoolgaan, sal haar ma, Angeline, by die skoolterrein inry om haar af te laai.

Amy’Leigh het verlede week by die skool gaan kuier, en het volgens Herbst opgewonde gelyk om daar te wees.

“Sy het drukkies aan die personeel uitgedeel en was vrolik,” sê hy.

Volgens hom het die skool steeds planne om die veiligheid op te skerp. Planne is in die pyplyn om kringtelevisiekameras aan te bring.

“Ek het nog nie met die ouers gepraat wat steeds bekommerd is oor hul kinders se veiligheid nie. Dinge het teruggekeer na normaal,” sê hy.

Amy’Leigh is op 3 September teruggevind nadat sy ’n paar uur tevore voor die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark ontvoer is. Haar vermeende ontvoerders het glo ’n losprys van R2 miljoen geëis.

Drie mense, onder andere Tharina Human, ’n gr. RR-onderwyseres wat by dieselfde skool skoolgehou het, is intussen in hegtenis geneem.

Human en die ander twee beskuldigdes in die ontvoeringsaak, Laetitia Nel en Pieter van Zyl, het Maandag in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.

Human se pa, Riaan Botha, wou by navraag nie veel sê nie.

“Ek kan niks sê nie. Ons oorleef. Ons het tientalle mense wat saam met ons bid. Verder kan ek niks sê nie,” het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.