Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Amy’Leigh loer in by haar skool

Amy’Leigh de Jager (6) was Woensdag vir die eerste keer weer by die skool waar sy verlede week ontvoer is.

Louise Horn, haar tannie, sê die meisie was vinnig saam met haar ma, Angeline, by die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark om skoolwerk te gaan haal en vir maatjies hallo te sê. Amy’Leigh is in gr. R.

’n Ma van ’n leerling wat verby die skool gery het, sê sy het die meisie met ’n helderkleurige ballon in haar hand sien stap.

Volgens Horn het Amy’Leigh die skoolbesoek goed hanteer, maar sy sal eers volgende kwartaal teruggaan skool toe.

“Sy is nog nie gereed nie.”

Amy’Leigh en haar tannie, Louise Horn.

Amy’Leigh is net meer as ’n week gelede voor die skool uit haar ma se hand gegryp en in ’n wit Toyota Fortuner ingetrek.

Coenie Herbst, skoolhoof, het verlede week gesê die skool skerp sy veiligheid op en sal ’n nuwe reëling met Amy’Leigh se ouers tref oor waar hulle haar moet aflaai, sodat sy veilig voel.

Horn sê die sesjarige “doen elke dag ’n bietjie beter”, maar “sy skrik maklik en wil nie alleen wees nie”.

Haar vermeende ontvoerders het ’n losprys van R2 miljoen geëis, maar het haar ná 18 uur se aanhouding in ’n gevaarlike straat in Vanderbijlpark afgelaai. Weldoeners het haar gevind en na die polisiekantoor geneem.

Tharina Human (27), ’n gr. RR-onderwyseres van die skool, Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl (50) staan tereg op ’n voorlopige aanklag van ontvoering. Hulle sal op 19 September formeel om borgtog aansoek doen.

Human is intussen deur die skool geskors en word ook deur ’n dissiplinêre verhoor in die gesig gestaar.

Die hofverskyning van die drie beteken blykbaar nie die saak is nou uit die polisie se hande nie. Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Woensdag by navraag bevestig verdere inhegtenisnemings kan nie buite rekening gelaat word nie.

Meer oor:  Amy’Leigh De Jager  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.