Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
ANC-raadslid gee geboorte nadat huis byna afbrand
Khosi Mogapi Foto: Mangaung-metro

’n ANC-raadslid van die Mangaung-metro, Khosi Mogapi (35), wie se huis die naweek gedeeltelik in ’n petrolbomaanval verwoes is, het twee dae ná die brand geboorte aan haar vierde kind geskenk.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van opsetlike saakbeskadiging.

Volgens haar het Mogapi geslaap toe sy van ’n slag wakker geskrik het.

“Sy het deur die venster drie mans gesien en ook die verdagte herken wat ’n petrolbom na die huis gegooi en weggehardloop het. ’n Deur en die plafon van die huis het aan die brand geslaan.”

Volgens Hlubi is ’n 42-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem.

David Pongolo, Mogabi se pa en ook ’n ANC-raadslid van die metro, sê haar huis in Kagiso Square buite Bloemfontein is Saterdagaand deur onrusstokers met ’n petrolbom aangeval terwyl sy en haar gesin geslaap het.

Hy sê skade van derduisende rande is aan sy dogter se huis aangerig.

“Maar die brandweer kon die brand gelukkig blus voordat die huis heeltemal afgebrand het.”

Mogapi is die wyksraadslid vir wyk 3 in die metro.

Pongolo sê sy dogter se drie ouer kinders het nou by sy huis in Silver City ingetrek, terwyl sy dogter en haar man in die half afgebrande huis aanbly.

“My dogter het ook Maandag die trotse ma van nog ’n kind, ’n dogtertjie, geword.”

Sy kleinkind is in die Pelonomi-hospitaal gebore.

Volgens Pongolo is die motief vir die brand ontevredenheid onder inwoners omdat sy dogter slegs mense in haar wyk in diens geneem het om te help met ’n padbouprojek.

’n ANC-bron wat anoniem wil bly, sê dit is nie die eerste keer dat daar onrus in Mogapi se wyk is nie.

“Tydens haar benoeming as wyksraadslid vir die ANC vir die munisipale verkiesing in Augustus 2016, was van die ANC-ondersteuners ook baie ontevrede met haar benoeming wat gepaardgegaan het met groot onluste.”

Daar is glo ook ontevredenheid in haar wyk oor onder meer dienslewering en veral ’n behuisingsprojek wat tot stilstand geknars het.

Meer oor:  Geboorte  |  Anc  |  Brand  |  Anc-Raadslid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.