Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Andrew Scholtz ‘het telkens weer opgestaan en geblom’

Hy was soos die Lotusblom, met ’n lewensiklus anders as enige ander plant, met sy wortels in die modder gewortel, wat elke oggend weer geblom het.

Die Bloemfonteinse sakeman Andrew Scholtz (58).

Só het ds. Zack Pienaar, NG-predikant van Namibië, Saterdag die ontslape Bloemfonteinse sakeman Andrew Scholtz beskryf.

’n Diens om Scholtz se lewe te vier is Saterdag in Bloemfontein gehou.

Onder die roubeklaers was regter Mojalefa Rampai en Alvin Botes, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, en amptenare van die Mangaung-metro.

Dié 58-jarige ontwikkelaar is vroeër vandeesmaand in ’n hospitaal in Windhoek aan Covid-19 dood. Hy het Namibië op ’n sakereis besoek.

Scholtz is bekend om die Vista Park-ontwikkeling in Bloemfontein, asook die psigiatriese kompleks in

Kimberley. Hy is ook in 1998 as Bloemfonteiner van die Jaar aangewys.

Pienaar het gesê sy jarelange vriend het nooit toegelaat dat aanslae van die lewe hom onderkry of dat sy omstandighede hom doodmaak nie.

“In pleks daarvan dat die modder van die wêreld hom vernietig, het hy opgestaan en weer geblom. Hy het uit die water opgestaan, weer geblom om ’n verskil te maak. Hy het dit keer op keer gedoen.”

Die begrafnisbrief van Andrew Scholtz wat in ’n hospitaal in Windhoek aan Covid-19 dood is.

Pienaar het Lee-Marco Scholtz, sy enigste seun, sy oudste dogter, Bianca Hercules, Jo-Ann Louw, sy jongste dogter, en drie kleinkinders, Lauren Andrea en Georgia Brooklyn Hercules en Lael Louw, die breër familie aangemoedig om nooit in te gee nie.

“Andrew sou nie dit wou hê nie. Hy het nooit verskoning gemaak vir sy geloof in God nie en het elke keer vanweë God se genade opgestaan.”

Botes het Scholtz as ’n toonbeeld van dryfkrag en vernuf beskryf, terwyl Rampai hom as ’n ware ambassadeur beskryf het.

Scholtz, wat sinoniem met kommersiële, residensiële en kleinhandelsontwikkeling in veral die Vrystaat en

Noord-Kaap was, is op 6 Julie 1962 in ’n spoorweghuis langs ’n spoorlyn in Keimoes gebore.

Die boubedryf en eiendomsontwikkeling se bekoring kom egter van Namibië waar hy skoolgegaan en

grootgeword het.

Gedurende sy studentejare het hy ’n leemte in die boubedryf gesien en met klein projekte, soos verf- en teëlwerk, begin.

So het die Andrew Scholtz-groep begin.

Hy het in dié tyd ook sy graad voltooi en as klerk by die regsfirma Naudés en die regskliniek gewerk.

Meer oor:  Koronavirus  |  Pandemie  |  Sakeman  |  Gedenkdiens  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.