Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Anoj Singh bedank as Eskom se finansiële hoof

Anoj Singh, geskorste finansiële hoof van Eskom, het bedank, het die kragverskaffer aangekondig.

“Die Eskom-direksie het deur sy voorsitter (Jabu Mabuza) die bedanking aanvaar en dit so aan mnr. Singh se prokureurs oorgedra,” lui ’n verklaring op Eskom se webtuiste.

Singh se bedanking is onmiddellik van krag.

Singh is volgens Fin24 in September 2017 geskors nadat hy aanvanklik op spesiale verlof geplaas is. Dit kom ná bewerings dat hy betrokke was by die onreëlmatige toekenning van kontrakte aan maatskappye met Gupta-bande.

Die geskorste geldbaas verskyn Dinsdag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings wat staatskaping by Eskom ondersoek.

Singh is verlede jaar deur Daphne Rantho, komiteevoorsitter, gekritiseer dat hy die komitee ondermyn omdat hy nie betyds sy dokumente ingehandig het nie.

Singh sou al in Desember voor die portefeuljekomitee getuig, maar die komitee het hom huis toe gestuur omdat hy eers die vorige aand aan die komitee sowat 400 bladsye se stawende dokumente gegee het.

Natasha Mazzone, DA-LP en woordvoerder oor staatsondernemings, het kort nadat Singh se bedanking rugbaar geword het, getwiet: “Wees verseker: Ek het strafregtelike klagte teen Anoj Sighn aanhangig gemaak op 28 Julie 2017. Hy kan hol, maar hy kan nie wegkruip nie. Die saak is ingedien, die klagte word ondersoek. Geen bedanking onthef hom nie. Ons ontmoet hom môre (Dinsdag) in die parlement ook!

Meer oor:  Anoj Singh  |  Finansiële Hoof  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.