Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Onafhanklike ondersoek ná Parktown-seun verdrink

’n Onafhanklike ondersoekspan sal aangestel word om die omstandighede om die dood van Enock Mpianzi (13) tydens die Parktown Boys’ High School se oriënteringskamp vir gr. 8-leerlinge te ondersoek.

Só het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, Vrydag aan joernaliste by die skool gesê.

Hy het die media Vrydagmiddag ingelig oor die jongste verwikkelinge nadat hy uit Noordwes teruggekeer het waar hy gehelp het om na Enock te soek.

Panyaza Lesufi
Panyaza Lesufi Vrydag langs die Krokodilrivier besig om Enoch Mpianzi (13) te soek. Foto: Felix Dlangamandla
Netwerk24 Felix Dlangamandla

Die seun se lyk is Vrydag by die Krokodilrivier opgespoor. Hy het vermoedelik verdrink.

“’n Volledige verslag sal saamgestel word. Die onafhanklike ondersoekspan se uitkoms sal bepaal wie verantwoordelik gehou sal word,” het Lesufi gesê.

Lesufi kon nie bevestig of die leerlinge reddingsbaadjies gedra het nie.

“Ons eerste prioriteit was om Enock te vind. Ek kon nog nie alles met die skoolhoof en opvoeders bespreek nie.”

Sowat 200 seuns het die oriënteringskamp bygewoon. Volgens Lesufi was die kamp nie verpligtend nie.

“Leerlinge wat dit nie bygewoon het nie, was siek of hulle kon nie daarvoor betaal nie.”

Volgens Lesufi het die seun uitgesien na die kamp.

“Enock se ma het gesê hy kon nie die aand voor die tyd slaap nie, want hy was te opgewonde. Sy ma beskryf hom as ’n vriendelike seun. Hy wou eendag graag ’n prokureur word,” sê Lesufi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.