Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Appèlregter Ronnie Bosielo sterf
Regter Lebotsang “Ronnie” BosieloFoto: Twitter

Regter Lebotsang “Ronnie” Bosielo van die appèlhof in Bloemfontein is Dinsdag op die ouderdom van 60 dood.

Regter Jeremiah Shongwe, waarnemende president van dié hof, het Dinsdag in ’n verklaring van die regbank gesê hulle het ’n ervare regsgeleerde verloor.

“Hy was ’n regter met groot kennis en wat byna twee dekades van sy lewe daaraan gewy het om die regbank in verskillende hoedanighede te dien. Sy onmeetlike ervaring waarmee hy in verskeie howe gedien het, sal erg gemis word,” sê Shongwe.

Bosielo, wat ’n regsgraad sowel as ’n meestersgraad in die regte en ’n diploma in gevorderde korporatiewe reg voltooi het, het in ’n verskeidenheid howe in Suid-Afrika en Namibië gedien.

“Namens die Suid-Afrikaanse regbank wil ek my medelye teenoor regter Bosielo se familie en vriende uitspreek. Ek wens hulle alle sterkte en troos toe in hierdie moeilike tyd. Mag sy siel in vrede rus,” sê Shongwe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.