Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Arbeidsgeskil rede vir vertraging van rybewyse

Duisende aansoekers vir rybewyse wag nou reeds maande op hul nuwe kaarte weens ’n arbeidsgeskil sedert Augustus tussen die departement van vervoer en werknemers wat onder meer verantwoordelik is vir die produksie van rybewyskaarte.

Dit het ’n agterstand van derduisende kaarte meegebring.

Ishmail Mnisi, woordvoerder, sê in ’n verklaring die dispuut het ontstaan in die tyd toe jaarlikse onderhoud op die produksiestelsel gedoen moes word.

“Die betrokke werknemers het egter nou ingestem om met hul werk voort te gaan terwyl die beslegtingsraad van die openbaredienstesektor die dispuut finaliseer,” sê Mnisi.

Terwyl hulle in September die produksie-agterstand van Julie en Augustus probeer inhaal het, het die afdeling ’n kontinuïteitsplan in werking gestel.

Sedertdien is meer as 800 000 kaarte gedruk en meer as 500 000 is weggestuur.

Aansoekers wat sedert September aansoek gedoen het, het hul kaarte ontvang, maar daar is steeds ’n agterstand van 90 000 kaarte wat nog gedruk moet word. Dit is hoofsaaklik van mense wat in Julie en Augustus hiervoor aansoek gedoen het.

Die aansoekers se kaarte sal binne die volgende drie weke gedruk word, sê Mnisi.

As ’n tussentydse maatreël word motoriste gevra om aansoek te doen vir ’n tydelike rybewys wat ses maande geldig is.

Motoriste sal so verseker dat hulle aan verkeersregulasies voldoen.

Aansoekers kan ook hul ID-nommer na 33214 stuur om navraag oor hul kaarte te doen.

Die departement vra verskoning vir die vertraging.

Meer oor:  Ishmail Mnisi  |  Rybewyse  |  Arbeidsgeskil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.