Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Armand Hofmeyr se ras-tirade: ‘Só f** ons SA op’
Armand Hofmeyr

“More is Afrika-dag . . .

“Wys jou ondersteuning deur iets te steel, jou troeteldier te verwaarloos of om snot te eet.”

Dit is die eerste twee sinne uit ’n Facebook-inskrywing wat die sanger Steve Hofmeyr se seun Armand Hofmeyr Donderdag op sy Facebook-blad geplaas het.

Dit is sedertdien meer as 195 keer gedeel, met meer as 280 mense wat daarop kommentaar gelewer het.

Armand se inskrywing lui verder: “Slaap by die werk, skip ’n paar stopstrate en rooi robotte. Jy kan ook vir ’n ruk k*k praat met jou voorvadergeeste. Moet ook nie bad of stort nie. Eet met jou hande, breek iets en doen ’n onwettige kragaansluiting. Kom nou...!!!!!! Saam kan ons die land gouer opf*k . . .”

Ferdi Steyn, Armand se agent, het Vrydag nie geweet van die Facebook-inskrywing toe hy om kommentaar genader is nie.

Hy sê die nommer wat op Armand se Facebook-blad verskyn, is nie syne (Armand s’n) nie, maar dat hy gaan vra dat Armand op navrae reageer.

Steyn het ook gesê dat Armand se telefoonnommer nie geadverteer word nie, maar dat hy die vrae in ’n WhatsApp-boodskap wat vir hom aangestuur is, vir Armand sal aanstuur.

Armand Hofmeyr, een van die sanger Steve Hofmeyr se seuns, het die inskrywing Donderdag op sy Facebookblad gemaak. Foto: Facebook/Armand Hough

Netwerk24 wou by hom weet:

* Op wie is die inskrywing gemik?

* Is die skrywe op die swart inwoners van Suid-Afrika gemik?

* Is dit wat jy vandag gaan doen?

* Sien jy jouself nie as ’n kind of inwoner van Afrika nie?

Baie mense het Armand op sy Facebook-blad vir sy inskrywing geloof, met enkeles wat hom gekritiseer is.

Een vrou skryf: “Sjoe, jong jou taalgebruik laat veel te wense oor. Ek’s bly jou pa praat nie so nie, dié dat soveel mense na hom kan opkyk. Hy kry dinge reg sonder om na skurke se vlak toe te daal. Respek is belangrik. Moenie joune vir jouself so goedkoop maak nie. Be the better person.

Sy word daarna deur ander ondersteuners van Armand aangevat.

’n Ander vrou skryf in antwoord op die eerste vrou se kommentaar: “Jy hoef glad nie na sy blad te kyk nie, scroll verby, Vlekkie, en kry ’n sin vir humor.”

Armand self antwoord: “Jammer niks teen Vlekkie nie, wat Vlekkie nou gesê het hoor ek drie keer ’n dag. En ek probeer maar mense reghelp sonder om lelik te wees. Jammer as ek was, maar sommiges moet net weet ek is Armand Hofmeyr en doen Armand-dinge, sing Armand-tipe songs en luister na Armand-tipe musiek en jaag strooi aan met Armand-gewoontes en bid op die Armand-manier en . . .

“Maar baie is geneig om my te ‘ver-een’ met Steve. En ek’s in my 20’s (soort van) so ek sê en doen wat mense van die ouderdom sê en doen . . . Ek’s Armand Hofmeyr. Nie Steve Hofmeyr nie.”

Nog ’n vrou skryf: “Nou hoekom waai jy nie? Of is Pappa se geld op en jou skills te min om iewers anders te woon? Jy kan jou sterre dank vir Afrika – die enigste plek waar mense na jou musiek sal luister.”

Die derde vrou kry ondersteuning en skryf: “As daar enige twyfel was dat Steve Hofmeyr en sy familie naakte rassiste is, is dit nou uit die weg geruim.”

12:58

Armand Hofmeyr het dié reaksie per WhatsApp-boodskap aan Netwerk24 gestuur:

"Moenie my ervaring voorskryf nie. Maar as jy wou weet, dis op ons patetiese leierskap gemik. Alle Suid Afrikaners verdien beter."

Meer oor:  Facebook  |  Celebs  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.