Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘As Jethro alleen geklim het, was hy nou dood . . .’

Asseblief, moet my net nie laat doodgaan nie. Só het Jethro Malan Watson deurentyd aan die reddingspan geprewel in die ure nadat ’n reuse-rots in ’n fratsongeluk in die Cederberge sy regterbeen vergruis het.

Jethro Watson (35)

Die 35-jarige Pretorianer, ’n ervare rotsklimmer, het verlede Saterdagoggend op ’n hoë rots naby die Kliphuisrivier in die Cederberge gestaan toe die rots onder hom meegee. Hy én die rots het teen die steilte afgerol en toe hy tot stilstand kom, was sy been onder die rots vasgepen.

Die Cederberge is bekend vir die asemrowende uitsig wat klimmers oor die rotsformasies het. Dit is tans die drukseisoen vir rotsklimmers in dié geweste, met avontuursoekers wat van oral ter wêreld hierheen stroom.

Sy maat het ’n bietjie noodhulpkennis gehad en sy vriend se lewe gered.

Watson en ’n Amerikaanse vriend, Nick Muehlhausen (29), het die afgelope twee weke by die gewilde De Pakhuys-kampeerplek gekampeer. Die oggend van die ongeluk was hulle sowat 15 km daarvandaan met twee Duitse herdershonde besig om verkenningswerk te doen vir ’n latere rotsklim.

Muehlhausen het eers met sy hande vir Watson onder die rots uitgegrawe. Hy het ’n toerniket om sy bobeen gebind om die bloeding te stop.

Die erg beseerde Jethro Malan Watson word opgehys.

Daar is geen selfoonontvangs nie en Muehlhausen het geen keuse gehad nie as om sy beseerde vriend agter te laat om hulp te gaan soek. Hy het 40 minute lank oor moeilike terrein sy weg gebaan na die R364 waar hul voertuig geparkeer was en toe na ’n plaas gejaag om hulp te kry.

Teen die tyd dat Muehlhausen en die reddingswerkers hom bereik het, was Watson doodsbleek weens die bloedverlies en skok.

Sy linker- en regterbeen se tibia en fibula was onder die knie en die femur van sy regterbeen bokant die knie gebreek.

Hy is op ’n draagbaar opgehys na ’n helikopter en na ’n grondpad gebring, waar hy behoorlik gestabiliseer is voordat hy na die Milnerton-Mediclinic en later na die Christiaan Barnard-hospitaal in Kaapstad gebring is.

Sy regterbeen moes geamputeer word.

Nick Muehlhausen in aksie.

De Pakhuys se eienaar, Thys Kruger, het aan Rapport gesê die voorval het ander klimmers aan ’n belangrike les herinner: om nooit alleen in die berge te gaan nie. “As Jethro alleen was, was hy nou dood. Sy maat het ’n bietjie noodhulpkennis gehad en sy vriend se lewe gered.”

’n Inwoner van Clanwilliam, Mariaan Smuts, sê Watson en Muehlhausen is gereelde besoekers aan De Pakhuys.

“Dié tyd van die jaar sak rotsklimmers van oor die wêreld heen op die Cederberge toe.

“Hule kom van so ver as Amerika, Engeland, Duitsland en Italië, en bly vir twee tot ses maande in die omgewing,” sê sy.

Meer oor:  Cederberge  |  Rotsklimmer  |  Fratsongeluk  |  Redding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.