Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Athaan nié geraas,’ sê moskee ná klag

Die Zeenatul-moskee in die Bo-Kaap sê hy gaan die Kaapstad-metro vra om sy bylae vir geraasbesoedeling te hersien.

Die moskee sê in ’n verklaring op Twitter sy raadslede is besig om die kwessie met die metroraad te bespreek nadat ’n klag van geraasbesoedeling weens die athaan (oproep om gebed) by die metro ingedien is.

“Die athaan klink al sedert 1919 op, ook toe Distrik Ses hier gevestig is en toe daar gedwonge verskuiwings was.

Hierdie klag is ’n inbreuk op godsdiensvryheid, ’n teken van onverdraagsaamheid en ’n klap in die gesig van ons nalatenskap.

“Dit bestaan vandag nog en die moskee is nou deel van die groter Kaapstadse samelewing, tesame met die kerke wat teen die apartheidsregering staande gebly het,” lui die verklaring.

“Die verheerliking van die Skepper, die bevestiging van die monoteïstiese geloof in een god en die finale boodskapper is deel hiervan. Die moskee het dus tot die slotsom gekom dat die athaan, die gelui van kerkklokke of enige ander oproep tot aanbidding nooit as ’n geraas gesien kan word nie.

Die Zeenatul-moskee in die Bo-Kaap. Foto: Facebook

“Die moskee aanvaar dat die Kaapstad-metro verplig is om die klag te ondersoek, maar gaan vra dat die bylae vir geraasbesoedeling hersien word. Hierdie moskee glo dit is betekenisvol vir die Moslem-gemeenskap, sowel as vir alle geloofsgemeenskappe in Kaapstad.”

Intussen het die ANC in die Wes-Kaap gesê hy is verbaas oor die klag.

“Hierdie klag is ’n inbreuk op godsdiensvryheid, ’n teken van onverdraagsaamheid en ’n klap in die gesig van ons nalatenskap.

“Mense wat hulle in tradisioneel swart of bruin gebiede bevind, moet kennis neem van ons tradisies en nie probeer om verandering af te dwing nie. Ons doen ’n beroep op die Kaapstad-metro om hierdie klag te laat vaar,” sê Faiez Jacobs, ANC-sekretaris in die Wes-Kaap.

Talle mense het hul ondersteuning of teenstand op Twitter uitgespreek en selfs Helen Zille was deel van die gesprek.

Meer oor:  Kaapstad  |  Geraas  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.