Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
ATKV ‘bevorder Afrikaans met woord en daad’

“Die ATKV het in die afgelope jaar goed daarin geslaag om Afrikaans op vele terreine tot sy reg te laat kom en ’n kultuurtuiste te skep vir diegene wat Afrikaans koester.”

Só het dr. Danny Titus, die ATKV se uitvoerende direkteur van kultuur, Dinsdag op die ATKV se algemene jaarvergadering by die Buffelspoort-oord in Rustenburg, Noordwes, gesê.

“Die ATKV beywer hom daarvoor om die Afrikaanse taal in sy volle diversiteit aan die Suid-Afrikaanse samelewing en die internasionale gemeenskap bekend te stel, en die ATKV ervaar dat die stereotipering van Afrikaans op hierdie wyse teengewerk en die geloofwaardigheid van Afrikaans stewig gevestig word.

“Kultuur is onlosmaaklik deel van ons alledaagse lewe. Daar is wêreldwyd ’n toenemende bewustheid dat kultuur ’n onontbeerlike rol speel in die bevordering van lewenstandaarde en sosiaal-maatskaplike ontwikkeling. Die ATKV is aktief besig om met woord en daad hierdie bewuswording in Suid-Afrika te bevorder.”

Japie Gouws, uitgaande besturende direkteur, het op die vergadering die groep se jaarverslag bespreek en ook vir Deidre le Hanie as die nuwe besturende direkteur verwelkom.

Le Hanie het gesê sy sien uit na die toekoms en die uitdagings vorentoe.

“Jy is nooit te jonk of te oud om ’n verskil te maak nie. Moenie bang wees vir veranderinge nie,” het sy gesê.

“Ek glo dat die ATKV steeds uitstekend geposisioneer is om goeie resultate te lewer en saakmakende impak te maak. Dit gaan harde werk en slim beplanning vereis.”

Le Hanie gaan Woensdag haar toekomsplanne op die tweede dag van die algemene jaarvergadering bespreek.

Meer oor:  Atkv  |  Woord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.