Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Atleet stort ineen enkele meter voor eindpunt

’n Deelnemer aan die Mandela Day-marathon in Howick, KwaZulu-Natal het Sondag enkele meter voor die eindpunt inmekaargesak.

Die organiseerders sê dokters en paramedici het die man op die toneel behandel, waarna hy na ’n hospitaal geneem is. Hy is egter met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

In ’n verklaring wat saam met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in KwaZulu-Natal uitgereik is, sê die organiseerders dit is die eerste keer sedert die ontstaan van die Mandela Day-marathon dat só iets gebeur en het dit as “ ’n tragiese verlies” bestempel.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die departement, sê die man se naam sal eers bekend gemaak word wanneer sy naasbestaandes in kennis gestel is.

Meer oor:  Howick  |  Kwazulu-Natal  |  Atleet Dood  |  Mandela Day-Marathon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.