Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baba oorleef wat te vroeg én in motoroprit gebore is

Paramedici het Maandagoggend gespook om ’n vroeggebore baba te red wat in die motoroprit van ’n huis in Durban gebore is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê in ’n verklaring hulle is omstreeks 08:30 na ’n huis in Danville-laan in die noorde van die stad ontbied.

Die paramedici Anuschka Killian, Wesley Baldeo en Barry Debipershad saam met die vroeggebore baba in die ambulans.

Die ontstelde huiseienaar het laat weet haar huiswerker het in die oprit ineengestort en het begin kraam. Terwyl die paramedici op pad was, het die eienaar laat weet die baba is gebore, maar toon geen teken van lewe nie.

“ ’n Personeellid van ’n nabygeleë skool wat in noodhulp opgelei is, is na die toneel en het probeer om die baba by te bring.

“Met die paramedici se aankoms het die pasgebore seuntjie op die grond gelê met die plasenta steeds aangeheg. Hy het nie gereageer nie en na asem gesnak,” sê Herbst.

Die paramedici het gespook om die 24 weke oue baba by te bring, waarna sy toestand effens verbeter het.

Sy ma is op die toneel behandel en haar toestand was stabiel. Gedurende die rit na die hospitaal het die seuntjie se toestand verder verbeter.

“Die ma en die baba is veilig aan die hospitaalpersoneel oorhandig,” sê Herbst.

Volgens hom beklemtoon die voorval die belangrikheid van opleiding in doeltreffende noodhulp.

“Sonder die skoolpersoneellid se kennis daarvan, sou die uitkoms waarskynlik anders gewees het.”

Paramedici spook om die ma en haar baba, wat in dié motoroprit gebore is, te help.
Meer oor:  Durban  |  Oorleef  |  Vroeggebore  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.