Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baba sterf toe bestuurder glo aan die slaap raak

’n Nege maande oue dogtertjie is Donderdagoggend vroeg dood toe die bestuurder van ’n voertuig vermoedelik agter die stuurwiel aan die slaap geraak het.

Die voorval het omstreeks 03:20 op die N2 tussen Stilbaai en Riversdal, sowat 12 km buite Riversdal, gebeur.

Volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, is die vermoede dat ’n manlike bestuurder agter die stuurwiel aan die slaap geraak het.

Die pad was geruime tyd gesluit maar is weer vir verkeer oopgestel.

Die bestuurder en drie ander volwassenes in die voertuig het ligte beserings opgedoen.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Baba  |  N2  |  Riversdal  |  Sterf  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.