Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Baba uit drein gered

'n Pasgebore babameisie is Maandagoggend ná 'n drie uur lange reddingsoperasie uit 'n stormwaterdrein in Durban gered.

Private ambulansdienste, die polisie en die brandweer het na die toneel in Newlands East gehaas nadat 'n verbyganger die baba hoor huil het en die owerhede ontbied het.

Garrith Jamieson van Rescue Care-nooddienste het vroeër gesê terwyl die dramatiese reddingspoging onderweg was, kon hulle die baba hoor huil. Die gebied is afgesper terwyl die brandweer probeer het om die baba uit te kry."

'n Helikopter was op die toneel om die baba na die hospitaal te vervoer.

Die oomblik toe die baba uitgehaal is, is op kamera vasgelê.

Die baba is deur paramedici op die toneel ondersoek voordat sy na die helikopter geneem is.

Prabashini Naicker, SAUK-radiojoernalis, het omstreeks 09:30 'n video en foto getwiet dat die baba gered is.

Die verbyganger op die hoek van Barricuderweg en Herringstraat het die baba omstreeks 07:30 hoor huil. 

Reddingswerkers het om die pyp gegrou nadat hulle seker gemaak het die grond is stabiel.

Die baba kon deurgaans gehoor word.

Meer oor:  Durban  |  Stormdrein  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.