Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baba uit winkelsentrum gesteel

’n Reuse-soektog is begin na ’n ses weke oue babaseun wat Vrydag glo uit ’n winkelsentrum in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo ontvoer is.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die seun se 24-jarige ma het Vrydag glo in die winkelsentrum met ’n vrou wat sy nie ken nie begin gesels.

Die babaseun (6 weke) is glo Vrydag uit ’n winkelsentrum in Mokopane in Limpopo ontvoer.

Dié onbekende vrou is nou die polisie se hoofverdagte in die beweerde ontvoeringsaak.

Ngoepe sê die baba se ma het middagete gekoop en die vreemde vrou genooi om saam met haar te eet. Die vrou het die uitnodiging glo van die hand gewys.

Die vrou het egter glo aangebied om die baba vas te hou terwyl sy ma eet.

Ná die middagete het die vreemde vrou steeds die baba vasgehou en saam met sy ma na ’n nabygeleë supermark in die winkelsentrum geloop. Dit was kort voor 14:00. Die winkelsentrum was baie besig en het gewemel van mense.

“Die vrou het toe spoorloos met die baba verdwyn sonder dat die ma enigiets gesien het,” sê Ngoepe.

Die vermeende babadief is in haar twintigs, is skraal gebou en het ’n donker gelaat. Haar lang hare was in ’n vlegsel toe sy laas gesien is.

Ngoepe sê die baba was teen Saterdagmiddag steeds soek.

Enigiemand met inligting kan kapt. Marcus Mofya by 082 565 8277 of 015 409 1400 bel.

Meer oor:  Baba  |  Winkelsentrum  |  Gesteel  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.