Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baba wat brand uit hospitaal ontslaan

Die babaseun wat erge brandwonde opgedoen het in sy ouerhuis in Letsitele buite Tzaneen in Limpopo is na meer as twee weke uit die hospitaal ontslaan.

Dian Cloete (tien maande) is Vrydag uit die Mankweng- provinsiale hospitaal buite Polokwane ontslaan, sê sy ma, Michelle.

Dian Cloete voordat hy brandwonde opgedoen het.

Dian het op Dindag 21 Mei tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen in ’n fratsongeluk toe ’n lugverkoeler in sy ouers se kamer aan die brand geraak het. ’n Kortsluiting het vermoedelik die brand veroorsaak.

Sy tweejarige broer, Luan, het waarskynlik sy lewe gered toe hy vir sy ma geskreeu het: “Boetie brand, boetie brand!” Sy was elders in die huis doenig toe die brand ontstaan het.

Luan het glo probeer om Dian uit sy wiegie wat aan die brand was te red.

Michelle het brandwonde aan haar hande opgedoen toe sy haar twee seuns uit die kamer gegryp en in ’n bad koue water gesit het.

Dian is eers in die Mediclinic Tzaneen gestabiliseer voordat hy na die brandeenheid van die Mankweng- provinsiale hospitaal oorgeplaas is.

Dian Cloete toe hy vir brandwonde behandel is.

Hy het veral erge brandwonde aan die linkerkant van sy lyf opgedoen. Sy linkerbobeen en ’n deel van sy maag en bors het brandwonde. Sy hande en gesig is ook in die vlamme beseer.

Michelle en haar man, JJ, het by Dian gebly terwyl hy in die Mankweng-hospitaal behandel is.

Dian se wonde moet twee keer ’n week behoorlik skoongemaak en versorg word. Danksy weldoeners en die gemeenskap wat hul harte oopgemaak het vir die gesin word daar vir die noodsaaklike diens by ’n wondkliniek in Tzaneen betaal.

Die gemeenskap van Tzaneen het ook hul harte vir die gesin oopgemaak en skenkings soos babadoeke by ’n plaaslike koerant afgelaai.

Meer oor:  Tzaneen  |  Brandwonde  |  Behandeling  |  Ontslaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.