Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baba wat deur kind uit swembad gered is, dood in hospitaal

Die 18 maande oue baba wat Donderdag deur ’n ouer kind uit ’n swembad in Sundowner, Randburg, gered is, is intussen in die hospitaal dood, het Shawn Herbst, Netcare911-woordvoerder, Vrydagoggend aan Netwerk24 bevestig.

“Ek het gehoor die kind is gisteraand omstreeks 22:00 dood,” sê Herbst.

Dié baba is Donderdagmiddag omstreeks 15:00 deur ’n 11-jarige kind uit die swembad in ’n kompleks in Putticklaan gered nadat hy volgens Herbst sowat tien minute onder die water was.

“Met die nooddienste se aankoms op die toneel het hy geen tekens van lewe getoon nie. Paramedici van Netcare911 en Emer-G-Med het noodhulp toegepas en hulle het ’n polsslag gekry,” sê Netcare911.

Die seuntjie is per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal gebring, waar hy later dood is.

’n Baba word Vrydag deur nooddienstewerkers behandel voordat hy per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem is. Foto: Emer-G-Med

Meer oor:  Randburg  |  Baba  |  Swembad  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.