Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baby Richards sterf kort nadat hy in hospitaal opgeneem is

Baby Richards (84), ’n groot gees in Griekwa-rugby en bekende in die Noord-Kaap, is Vrydagoggend skielik dood.

Abubacker Richards, onder baie mense bekend as Oom Baby, is in die vroeë oggendure in Kimberley dood nadat hy sleg gevoel het en in ’n hospitaal opgeneem is.

Volgens Anri van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes Rugbyunie (GWRU), is hy dood kort nadat hy opgeneem is.

Baby Richards. Hy is Vrydagoggend onverwags dood nadat hy sleg gevoel en in die hospitaal opgeneem is. Foto: Duif de Toit/Gallo Images

“Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie,” sê Van Rooyen.

Volgens die GWRU was Richards ’n bekende man in Kimberley en mense het hom as sakeman, sportpersoonlikheid en senior lid van die Moslem-gemeenskap geken.

Hy was van 2001 tot 2005 president van die GWRU.

In die jare 1953 tot 1968 het hy self vir die Poubloues uitgedraf as skrumskakel.

Van Rooyen sê Richards ongelooflike rugbykennis sal hom altyd bybly.

Jannie Louw, oud-president van GWRU, sê Richards was vir hom ’n groot mentor en vriend.

“Ek sal hom altyd eer vir sy uitsonderlike vermoë om te luister en begrip te toon vir elke standpunt. Hy het waarde toegevoeg tot die Griekwas én Suid-Afrikaanse rugby,” sê Louw.

Mark Alexander, president van Saru, het gesê hy was ’n befaamde sportadministrateur wat al van jongs af ’n invloedryke rol in die sportwêreld gespeel het.

Richards is Vrydagmiddag uit die moskee in Kimberley begrawe.

Hy word oorleef deur sy vrou, Sadiya, hul kinders Ashraf, Fadiel en Asheka, en kleinkinders.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.