Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baie Afrikaanses kom terug

Die getal Suid-Afrikaners, veral wit Suid-Afrikaners, wat emigreer is nie so hoog as wat aanvanklik vermoed is nie, luidens ’n verslag van Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI).

Dié navorsingsverslag, wat die demografiese tendense van Afrikaanssprekendes probeer vasstel, is Woensdag in Centurion bekend gemaak.

Dit dui ook aan dat ’n groot hoeveelheid wit Afrikaanssprekendes uit die buiteland na Suid-Afrika terugkeer.

Die beste werkende hipotese is dat sommige wit Afrikaanssprekende emigrante terugkom wanneer hulle kinders omtrent skoolgaande ouderdom bereik of net nadat hulle dubbele burgerskap verkry het.

Luidens die verslag het Statistiek Suid-Afrika in 2017 die wit emigrasiesyfers met 37 % afwaarts aangepas om dit met die werklike stand van sake te belyn. Statistiek SA raam nou daar is sowat 280 000 wit emigrante eerder as die 440 000 wat aanvanklik beraam is.

Luidens die SNI se verslag is daar ongeveer 500 000 Suid-Afrikaansgebore mense in Australië, die Verenigde Koninkryk, die VSA, Nieu-Seeland en Kanada. Daar word aangeneem dat die meeste wit emigrante na dié lande emigreer.

Die getal Suid-Afrikaners in dié lande het van sowat 390 000 in 2000 tot 587 000 in 2013 toegeneem, maar het weer geleidelik afgeneem tot sowat 550 000 in 2015.

“Dit dui op ’n kleiner netto uitvloei van wit emigrante uit Suid-Afrika en soms selfs op ’n netto invloei,” lui die verslag.

Dit dui op ’n kleiner netto uitvloei van wit emigrante uit Suid-Afrika en soms selfs op ’n netto invloei

Volgens Connie Mulder, hoof van die SNI, is daar ook bevind dat ’n groot getal wit emigrante uit die buiteland na Suid-Afrika terugkeer.

Luidens Statistiek Suid-Afrika was daar meer wit Afrikaanssprekende 30-jariges in 2011 as wat daar wit Afrikaanssprekende 20-jariges in 2001 was. Volgens Mulder is dit vanweë ’n groot aantal wit mense wat op ’n hoër ouderdom na Suid-Afrika toe terugkeer.

“Die beste werkende hipotese is dat sommige wit Afrikaanssprekende emigrante terugkom wanneer hulle kinders omtrent skoolgaande ouderdom bereik of net nadat hulle dubbele burgerskap verkry het. Dit geld natuurlik nie alle wit Afrikaanssprekende emigrante nie; baie kom nie terug nie, maar daar is beslis ’n beduidende persentasie wat wel terugkeer na Suid-Afrika.”

Volgens Mulder verkies baie Suid-Afrikaners om liewer nie te emigreer nie omdat die proses duur is en hulle eerder wil aanhou om hul kultuur in Suid-Afrika te beoefen.

Meer oor:  Centurion  |  Emigrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.